Namibië wen stryd vir dolfyne

Des Erasmus
Des Erasmus - Die omstrede Russiese boot die Rayazanovka het die handdoek ingegooi.

Ná twee maande teenoor Pelikaanpunt teenoor Walvisbaai is die enigste voorneme van die kaptein, Ilya Sharapov, nou om weg, ver weg, te vaar.

Dan voeg hy op skrif by die weiering vir die vang van seelewe in die gebied strek tot Namibië se eie skande en skade.

Gesprekke tussen die haweowerheid en die bevel van die Rayazanovka het die naweek voortgeduur. Dis toe dat Sharapov verklaar het dat al wat vir die Rayazanovka oorbly, is om weg te gaan. Daar word net gewag op toerusting van die boot wat in die Walvisbaaise hawe onder streng bewaring is. Onder die toerusting onder die seile is ook 'n wit rubberbootjie wat vir die span van die saknette op die boot gebruik sou word.

Op skrif verklaar kaptein Sharapov dat die boot in opdrag van 'n maat­skappy in Beijing langs die sen­trale kus is. Deel van die plan was om seelewe te vang en om 'n waterpark teen 'n geskatte N$100 miljoen iewers langs die Namibiese kus op te rig. Op die gebied van toerisme sou die park 'n groot bate wees met besoekers wat seelewe van nader sou kon bestudeer. 'n Verbitterde kaptein verwys ook na Namibië as 'n “land van bevoorregte rassiste wat 'n demokrasie beheer”.

Hy gee wel toe dat die doel van die sending van die Rayazanovka was om seelewe te vang vir aanhouding in akwariums in die Asiatiese blok. Ná die aanvanklike tweespalt oor die sending van die boot was pogings blykbaar aangewend om dit onder die Namibiese vlag te laat vaar. Daarvan het ook niks gekom nie.

In die Walvisbaaise hawe is die naweek beweer daar is met die toerusting op land geen moontlikheid van vangste deur die Rayazanovka nie. Gesprekke tussen die hawe­owerheid en kaptein Sharapov het blykbaar voortgegaan, maar verskille het blykbaar eerder verdiep as wat oplossings gevind kon word. Dit was die blykbare rede waarom 'n verbitterde Sharapov net weg wou vaar.

Die koms van die Rayazanovka sowat twee maande gelede na die Namibiese kus het ernstige kommer oor veral die bedreigde bottelneusdolfyne in die seegebied tussen Swakopmund en Pelikaanpunt laat ontstaan. 'n Skatting is dat net sowat 30 bottelneusdolfyne nog in dié seegebied voorkom. Bottelneusdolfyne is bekend as nuuskierige seediere wat graag met seevaarders en ander mense verkeer. Die saknette waaroor die boot beskik en wat op die dek sigbaar is, is geskik vir die vang van dolfyne, swaardvisse en ander groot seelewe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!