Namibië wil handel in witrenosters
Afrika-olifante, witrenosters en kameelperde is van die 57 spesies wat onder bespreking sal wees by 'n internasionale konferensie.
Francoise Steynberg - Namibië het sy voorstelle aan die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) voorgelê en versoek onder meer dat sy witrenosterbevolking van Appendix I tot Appendix II verander word om spesifiek toegelaat te word om in lewende witrenosters handel te dryf.
Namibië is een van 90 lande wat 57 voorstelle voorgelê het vir die komende 18de konferensie van partye (CoP18) van Cites wat vanaf 23 Mei tot 3 Junie in Colombo in Sri Lanka sal plaasvind.
Voorstelle vir groot ikoniese soogdiere lok gewoonlik omstredenheid. Een so 'n omstrede voorstel van verskeie Afrikalande is om die vier Afrika-olifantspesies in Namibië, Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe van Appendix II na Appendix I te verander, 'n skuif om dit in die toekoms moontlik te maak om vir "eenmalige" ivoorverkope. Zambië het voorgestel dat sy olifantbevolking van Appendix I na Appendix II verander - vermoedelik vir Zambië om later in enige toekomstige verkope van ivoor in staatsbesit deel te neem.
Vir die eerste keer is 'n voorstel oor kameelperde ook aan Cites voorgelê.
Cites se CoP-konferensies vind elke drie jaar plaas waartydens handelsreëls verander word. Die lys van 'n spesie in Appendix 1 verhoed alle kommersiële internasionale handel, terwyl die speseis wat in Appendix II gelys is, volgens spesiale permittoestande gehandel word.
Traffic, 'n nieregeringsorganisasie wat spesialiste in wildhandel is, en die Wêredbewaringsorganisasie (IUCN) sal 'n analise van elke voorstel doen om te ondersoek of dit aan die geskikte biologiese en ander kriteria voldoen.
Hierdie voorstelle is nie die enigste items op die COP18-agenda nie. Daar sal ook belangrike besprekings wees oor dokumente wat vooraf ingehandig is, onder meer 'n onlangse analise van die Olifanthandel-inligtingstelsel (ETIS). Dit is 'n databasis van olifantprodukte waarop beslag gelê is en deur Traffic namens Cites bestuur word.
Die kwessie oor die ophoop van wildprodukte en hoe om dit te bestuur, sal een van vele implementeringsuitdagings van Cites Cop18 wees. Ander kwessies is die opspoor van wildprodukte deur handelskettings en verdere maatreëls om spesies te reguleer wat in aanhouding geteel word.
Pogings om verbruikersaanvraag vir spesifieke wildprodukte te verminder, sal ook waargeneem word om onwettige wildhandel te voorkom.
Dit sal die finale Cites-konferensie wees voor lande in 2020 in Beijing, China, vir die Konvensie oor Biologiese Diversiteit sal byeenkom. - Bykomende bron Traffic

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie