Namibiese bundel wen gesogte SA prys
Kunsredaksie
Die pas vrygestelde bundel, Land onder woorde, met die woordkuns van Namibiese aspirantskrywers en -digters wat verlede jaar die pen opgeneem het vir Windhoek Woordfees se heel eerste skryfkompetisie, is Maandagaand deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die Orde van die Beiteltjie vereer.
Die Afrikaanse Woordkunsakademie word deur die Cordis Trust in Suid-Afrika bedryf, wat die skryfkompetisie geborg en die bundel uitgegee het.
Land onder woorde is vanjaar deur dr. Chrisna Beuke-Muir saamgestel uit die gedigte en kortverhale wat vir die kompetisie ingeskryf was. Sy is senior lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Namibië (Unam), en die stigter en voorsitter van Windhoek Woordfees. Die fees het in 2013 sy beslag gekry met Republikein as een van die vennote.
Beuke-Muir het Maandagaand tydens die virtuele toekenning van die Orde van die Beiteltjie gesê die internasionale mark beskou Namibië soms as bydraend tot Afrikaans en Suid-Afrika as die kern van die Afrikaanse taal.
“Dikwels word buite reken gelaat watter dimensie Afrikaans in Namibië aan die groter prentjie van Afrikaans gee,” meen sy.
Die skrywers en digters het die virtuele toekenningsgeleentheid saam met die organiseerders van Windhoek Woordfees by Villa Vista Gastehuis in Windhoek bygewoon. Mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings (NMH), het ná die virtuele oorhandiging gesê volgehoue belegging in Afrikaans is vir Republikein baie belangrik.
"Die taal kan nie ontwikkel as daar nie mense soos julle is nie. Baie dankie dat julle dit bly ontwikkel," het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie