Namibiese lorries versoek om tuis te bly
Namibiese vervoerders is gister afgeraai om na Suid-Afrika te ry uit vrees vir aanvalle op lorriedrywers.
Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen voorvalle aangemeld waarin Namibiese lorriedrywers onder stakerswoede in Suid-Afrika deurgeloop het nie, al het video’s van aanvalle op vragmotors in die buurland in die sosiale media gesirkuleer.
Namibiese vervoermaatskappye is Maandag deur beide die Cross-Border Road Transport Agency en die Trans-Kalahari-Korridor se sekretariaat (TKCS) aangeraai om liefs nie gister oorgrensritte na Suid-Afrika te onderneem nie.
Dit was nadat lorriedrywers in Suid-Afrika aangedui het hulle gaan staak oor die indiensneming van buitelandse drywers deur Suid-Afrikaanse vervoermaatskappye.
Die nasionale bedingingsraad vir die padvrag- en logistiekebedryf in Suid-Afrika het Maandag ter elfder ure ’n dringende hofbevel in die Gautengse hoërhof in Pretoria teen die voorgenome staking gekry.
Die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, superintendent Wayne Minnaar, het gister aan News24 gesê sommige vragmotors het die M2-snelweg by Benrose, Johannesburg, versper, maar geen voorvalle van geweld is aangemeld nie.
Later gister is inligting op die Namibiese vervoerbedryf se WhatsApp-groep gedeel van nog roetes wat elders in die land versper is.
Mnr. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), het gister aan Republikein gesê hy glo nie enige vervoeronderneming in Namibië sal sy drywers aan gevaar blootstel nie.
“Niemand het nou die aptyt daarvoor om kanse te vat nie. Ons het genoeg uitdagings tot dusver gehad.”
Mnr. Stephan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, sê dié groep se vragmotors is met opsporingstelsels en noodknoppies toegerus, en roetes word beplan in oorleg met inligting deur die polisie oor watter paaie om te vermy.
Volgens hom is die groter probleem in hierdie stadium die geestesgesondheid van Namibië se oorgrensdrywers wat weens die kwarantynreëls langer as drie maande laas hul gesinne en families gesien het.
“Ons drywers is by breekpunt,” het hy by navraag gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie