Namibiese regsprofessie in die soeklig
Namibiese regsprofessie in die soeklig

Namibiese regsprofessie in die soeklig

Jacqueline Louw
Lisa Slippers



Namibiese regspraktisyns het onlangs Project Change van stapel gestuur.

Dit om verskeie aspekte van die regsprofessie in Namibië te evalueer sodat die toepaslikheid, doeltreffendheid en toeganklikheid van die regsprofessie in die land verseker word.

Dié projek is op 5 Julie aan die media bekend gestel en beoog om 'n “werklik getransformeerde regsberoep wat alle Namibiërs bedien” te verseker.

Die gemeenskap word volgens die projek tans nie goed genoeg nie, “indien enigsins”, bedien.

Die projek se bestuurskomitee bestaan uit mnr. Ramon Maasdorp, mnr. Eben de Klerk, me. Saima Nambinga, me. Anne-Doris Hans-Kaumbi, me. Toni Hancox en me. Retha Steinmann.

Die komitee het gesê dat die projek die realiteite, risiko's en geleent­hede van die vinnige veranderde wêreld waarin ons woon wil verstaan om die regsprofessie te verbeter.

Die proses van evaluering sal in verskillende fases plaasvind, waarvan die eerste die insameling van data is.

Die data, wat opinies en aanbevelings met betrekking tot die regs­professie insluit, word verskaf deur belanghebbendes uit die publiek sowel as deur regspersoneel.

In die tweede fase sal die navorsing, data en aanbevelings geanaliseer word om 'n dinamiese, betroubare en relevante regsprofessie in Namibië te verseker.

Die projek beoog ook om te verseker dat internasionale standaarde en gedragskodes gehandhaaf word.

Diegene wat insette wil lewer, kan dit in hoërhowe en landdroshowe in Windhoek, Oshakati, Swakopmund, Gobabis en Keetmanshoop doen.

Tydens die nuuskonferensie is van die publiek se griewe, soos hoë tariewe vir prokureursvergoeding, uitgelig.

Alle navorsing en aanbevelings sal teen November vanjaar gefinaliseer wees en die projek sal na verwagting tot April 2018 voortduur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!