Namibiu00ebr blom by Afrika-sangkompetisie
Namibiu00ebr blom by Afrika-sangkompetisie

Namibiër blom by Afrika-sangkompetisie

Yandi Du Plessis
Die Namibiese sangeres Ruusa Munalye, beter bekend as Blossom, is in die top-20 van die Africa Music Challenge (AMC).

Dit volg nadat die AMC-span verlede naweek 'n virtuele byeenkoms gehou het om die top-20-deelnemers van die Afrika-temalied-kategorie bekend te maak. Die kompetisie, wat van 15 Februarie tot 31 Maart geduur het, het meer as 400 inskrywings van kunstenaars oraloor die vasteland gelok.

Die stigter van die AMC, mnr. Leslie Koroma, het gesê die kompetisie is op die been gebring met die doel om geleenthede vir kunstenaars uit al 55 Afrikalande te skep.

Hy het gesê die top-5-kunstenaars sal op Saterdag 8 Mei bekend gemaak word. Dié vyf sal dan op Afrikadag (25 Mei) virtueel optree, en die wenner sal daarna aangekondig word.

Van die top-20-kunstenaars is ses elk van Nigerië en Botswana, twee van Zambië en een elk van Sierra Leone, eSwatini, Suid-Afrika, Kameroen, Namibië en Suid-Soedan.

Tydens die kompetisie moes die kunstenaars se liedjies die 2021-tema uitbeeld, wat die kultuur van Afrika, sy mense, sy kos, sy musiek en alles wat die vasteland uniek maak, vier.

Vir meer inligting oor die Africa Music Challenge of om op hoogte te bly, besoek africamusicchallenge.com or www.facebook.com/AfricaMusicChallenge.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!