Namibiër bly in aanhouding oor horings
Nóg Namibiese burgers is vas in verband met misdaad wat aan renosterstropery verbind word.
Francoise Steynberg
'n Namibiese man, mnr. Leonard Salufu Masene (40), het Vrydag in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn nadat hy verlede Woensdag met twee renosterhorings in sy besit betrap is.
Hy het op 'n klag van die onwettige besit van beheerde wildprodukte (twee renosterhorings) voor landdros Karel Muyego verskyn. Die waarde van die horings is nog onbekend.
Staatsaanklaer George Matali het borgtog ten sterkste teengestaan en Masene bly in aanhouding.
Die beskuldige is verlede Woensdag by die Selela-nedersetting naby Katima Mulilo in hegtenis geneem nadat hy met twee renosterhorings in sy besit betrap is. Volgens die Namibiese polisie is die inhegtenisneming moontlik gemaak deur die polisie se intelligensie-operasies wat daarop gerig is om onwettige jag te bekamp.
Die landdros het die saak tot 28 Junie vir verdere ondersoek en die verkryging van regshulp uitgestel.
Voorts is vier verdagtes in verband met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie Vrydag in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle 'n renoster in die Etosha Nasionale Park wou jag.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag word beweer dat die polisie Vrydag in die vroeë oggendure leidrade van inligting in die Otjokavare-omgewing opgevolg het dat twee verdagtes by Etosha afgelaai sou word om 'n renoster te stroop.
“Inligting het gelei tot die inhegtenisneming van vier verdagtes - twee by Werda-hek en twee by Omakange. Ná ondervraging deur die polisie het een verdagte 'n vuurwapen uitgewys wat in die park weggesteek is, glo sedert verlede jaar,” lui die verslag.
Die vuurwapen is 'n 303-jaggeweer met reeksnommer M 2163, asook tien patrone. Die verdagtes is in aanhouding en die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie