Namibiërs kry opleiding in Indië
'n Groep Namibiese staatsamptenare gaan met volle beurse van Indië opleidingsprogramme in dié land ontvang om hul vaardighede op te knap.
Mnre. Jordan Johannes en Pindukeni Sindimba van die ministerie van veiligheid en sekuriteit sal 'n gevorderde inligting- en kommunikasiekursus in onderwys en opleiding volg; mee. Elsie Vezemburuka Hindjou van die Internasionale Universiteit van Bestuur, en Teoplina Iiyambo van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal die ontwikkeling van tegniese en beroepsopleiding bestudeer; mnr. Jeremia Ngiyonanye Ndataneke van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal opleiding in gevorderde begroting, rekeningkunde en finansiële bestuur in die staatsektor ontvang; mnr. David Lyeengolo van die kantoor van die eerste minister sal gevorderde taalopleiding kry, terwyl mnr. Sakeus Sheya van die ministerie van verdediging 'n diplomakursus in programmering sal doen. Saam met hulle op die foto is die hoë kommissaris van Indië, mnr. Prashant Agrawal (vierde van links agter), en regs langs hom is die hoof van kanselary, mnr. Vinay Kumar. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie