Namibiërs leer meer oor onwettige wildhandel
Gesprekke het beoog om streeksnetwerke verder te ontwikkel om dié oorgrenskwessie te takel.
Twee Namibiërs het verlede week 'n drie dae lange werksessie in Johannesburg oor onwettige wildhandel bygewoon.
Die hoofnatuurbewaarder van die Etosha Nasionale Park, mnr. Ellias Amunime, verbonde aan die ministerie van die omgewing en toerisme, asook me. Allison Kukuri van die risikobestuurafdeling van doeane en aksyns in die ministerie van finansies, het Namibië by die geleentheid verteenwoordig.
Die werksessie is deur die Britse hoëkommissariaat in Suid-Afrika aangebied en beamptes van Angola, Mosambiek, Zimbabwe, Zambië en Tanzanië het dit ook bygewoon.
Die sessie is in samewerking met Brittanje se departement van omgewing, voedsel en landelike sake (Defra), asook die Chinese staatswoudagentskap en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said) gehou.
“Om onwettige wildhandel te ontbloot, is 'n belangrike deel van natuurbewaring, wetstoepassing en sosioëkonomiese ontwikkeling vir alle geraakte lande. Met onwettige handel wat oor grense plaasvind is streeksamewerking en die deel van kennis 'n belangrike faktor in reaksie op hierdie kwessie,” lui 'n mediaverklaring van die Britse hoëkommissariaat in Namibië.
“Die besprekings voorsien 'n platform vir die deel van die beste praktyke en kundigheid, en beoog om streeksnetwerke verder te ontwikkel om die oorgrenskwessie van onwettige handel in wildlewe te takel.”
Verskillende aspekte van die werksessie is deur kundiges van die Britse grensmag gelei, wat ondervinding van die Konvensie oor die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) het, asook deur kundiges van die Said, die Chinese staatswoudagentskap, die Algemene Administrasies van Doeane en die Northern Forestry University, wat spesialiseer in doeane, die identifisering van spesies en tegniese aspekte van onwettige wildhandel.
Die werksessie het die Konferensie oor Onwettige Wildhandel in 2018 in Londen voorafgegaan, wat op drie temas gefokus het: Om onwettige wildhandel as ernstige georganiseerde misdaad te takel, die private sektor, die betrekking van nieregeringsorganisasies en akademici; en om markte vir onwettige wildprodukte te sluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie