Namibiërs moet meer groente produseer
Tanja Bause – In 2012 het mnr. Hendrik Joseph Morosi met die Otjiveg Garden-projek in Otjiwarongo begin.
Die projek het ’n stuk grond van een hektaar by die munisipaliteit gekry waarna hy dit skoon- en gelyk gemaak het om groente plant. Vandag word onder meer tamaties, spinasie, brandrissies, botterskorsies en rape geplant.
Die groente word met die hand natgemaak en geoes. Die oeste word dan op die dorp verkoop.
“Ons betaal N$100 vir die vervoer van die groente dorp toe, maar sodra ons die groente uitstal, kom die kliënte en dan is alles vinnig uitverkoop,” het Morosi gesê.
Uit die wins word water, kunsmis, huur van die grond en vervoer betaal. Daar word ook nuwe saad gekoop voordat die wins elke ses maande onder die projek se sewe deelnemers verdeel word.
“Ons wil graag die projek uitbrei en ook met ’n klein hoenderplaas begin waar ons slaghoenders en eiers sal kan verkoop. Ons beplan ook ’n besproeiingstelsel omdat dit vreeslik lank neem om die plantjies nat te lei. As ons minder tyd daaraan kan bestee, sal ons meer tyd op die landerye kan werk.”
Morosi het in 1995 vanaf die Kavangostreek na Otjiwarongo getrek.
“Daar bo langs die rivier is die water en grond verniet en ons het geplant. Drie jaar gelede het ek ’n brief aan die munisipaliteit geskryf om vir grond te vra sodat ek en die ander manne met die projek kon begin en hulle het ons onmiddellik gehelp.”
Volgens hom kan Namibiërs baie van die groente wat in die land gebruik word, self kweek.
“Ons kan en moet baie meer self produseer en nie so baie van Suid-Afrika invoer nie.”
Mnr. Jonas Jaba, wat ook van die Kavango afkomstig is, is ook by die projek betrokke. Hy sny elke dag riete wat agter in die tuin groei. Die riete word dan middeldeur gesny en gebruik om mandjies, stoele en tafels te vleg.
“Ek maak al die afgelope 15 jaar rietprodukte en kan enigiets volgens kliënte se wense maak,” het hy gesê.
Omdat die rietprodukte deel van die projek is, word die winste ook onder die sewe mans verdeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie