Namibiërs 'n groot familie wat omgee
Ek was onlangs in Okahandja en het besluit om 'n besoek aan die tuindorp se asgate te bring. Soos altyd was ek op soek na stories en wou onder meer gekyk het hoe dié asgate met die res van die land vergelyk.
Op elke asgat waar ek nog was, en glo my ek was al op amper elke asgat in die land, is die storie maar dieselfde. Talle mense krap in ander se rommel op soek na kos, klere, skroot, blikkies, plastiek- en glasbottels, bokse wat hulle kan gebruik of kan verkoop om 'n klein inkomste te genereer.
Wat my wel opgeval het op die asgate in Okahandj, was die mense wat huise op en tussen die rommelhope gebou het waarin hulle permanent woon.
'n Voorbeeld van so 'n inwoner is tannie Tina wat al 11 jaar op dié ashoop woon. Haar man werk op ''n plaas en stuur gereeld geld sodat sy vir haarself kos kan koop. Tannie Tina het nie veel nie en dit wat sy wel het, het sy op die asgate opgetel. Sy is brandarm en tog deel sy wat sy kan, wanneer sy kan.
Haar buurman, ''n jong man met die naam Sondag, is ''n epilepsielyer. Sondag bly in ''n groot plastiekhouer wat middeldeur gesny is en waarvan hy die twee dele teen mekaar skuif om homself teen die elemente te beskut. Hy moet daagliks sy medikasie neem, maar is nie altyd daarvan verseker dat hy elke dag tussen die rommel kos sal vind wat nog geskik is vir menslike gebruik nie.
Tannie Tina maak vir Sondag soet mieliepap sodat hy kan eet en sy pille kan drink. Maandag het hy ''n epileptiese aanval gehad omdat sy medisyne op is. Hy het nie die geld vir ''n taxi om hom na die staatshospitaal op die dorp te neem om nuwe pille te gaan haal nie.
Dinsdag het hy steeds in sy plastiekhouerhuis gelê, nie in staat om op te staan of te praat nie.
Tydens my besoek aan die asgate het tannie Tina my geroep en gevra of ek hom nie kan help en hom dringend hospitaal toe kan vat nie.
“Die ambulanse kom nie asgate toe nie. Niemand gee oor ons om nie en Sondag lê net. Ons is baie bekommerd oor hom, hy kan doodgaan,” het sy gesê.
Tannie Tina en Sondag se hulproep is die pleidooi van die armstes in ons land, die vergete en verlore mense wat in elke dorp woon.
Maar dit is ook ''n bewys dat die armes ''n noue gemeenskap is wat na mekaar omsien en vir mekaar omgee. Hulle deel die bietjie wat hulle het onder mekaar, want almal kry swaar en sukkel om ''n bestaan te voer.
Dit is soos die kinders wat op die plaas naby Dordabis in die tragiese ongeluk van die gasbottelontploffing oorlede is. Die huisie was die enigste een op die plaas wat ''n televisiestel gehad het. Die kinders het in die namiddae almal daar bymekaar gekom en televisie gekyk. Die huiseienaar het sy huis vir die kinders oopgemaak. Hulle was ''n hegte familie sonder die bloedbande.
“Hulle was my broers,” het klein Benjamin gesê terwyl hy ''n klein hand op elke kis gesit het om afskeid te neem.
Dit is presies wat ons land en sy mense so spesiaal maak. Ons is almal een groot familie en ja, daar is nou en dan ''n bakleiery soos dit in elke familie is, maar as jy aan een van my land se mense vat, dan vat jy aan my.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie