Namibiërs oorleef sinkende boot by Gough-eiland
Francoise Steynberg - Vier Namibiërs was verlede week onder die 62 bemanningslede op ’n gestrande vissersboot, Geo Searcher, by Gough-eiland.
Dit volg nadat hul boot verlede Donderdag tussen 07:00 en 09:30 vermoedelik ’n rots onder die see getref het. Volgens die Tristan da Cunha MFV Geo Searcher News het die boot se enjinkamer oorstroom. Die boot het omstreeks 10:30 sowat ’n seemyl noordwes van dié eiland gesink.
Volgens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) het die bemanning die boot ontruim en op reddingsbote geklim toe die vaartuig teen 45° gekantel het in wat as ongunstige seetoestande bestempel is.
Hulle het met die reddingsbote van die noorde van Gough-eiland na die suide – waar Suid-Afrika ’n navorsingstasie het – gevaar.
Die bemanningslede sluit in die vier Namibiërs, 47 Suid-Afrikaners, asook drie Portugese, twee Ghanese, ’n Brit en Indonesiër, asook twee visserye-observeerders van die Tristan da Cunha-eiland. Slegs twee bemanningslede is lig beseer.
Republikein het Maandag navrae oor die welstand van die vier Namibiërs aan die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking gerig, maar teen vandag kon nog geen bevestiging of hul name verskaf word nie.
Die bemanningslede moes vanaf die reddingsbote met ’n hyskraan teen die steil rotse van Gough-eiland opgehys word. Teen 19:00 was almal veilig waar hulle by die Suid-Afrikaanse meteorologiese stasie gebly het.
Samsa het die navorsingskip SA Agulhas II verlede Vrydag gestuur om die gestrande bemanningslede te gaan haal en die skip het Dinsdag by Gough-eiland aangekom.
Samsa en verteenwoordigers van die eienaars van die Geo Searcher, wat in Belize geregistreer is, het saam reëlings getref om die bemanningslede op die eiland te gaan haal.
Die bemanningslede is gister suksesvol per helikopter na die SA Agulhas II oorgeplaas.
Dit sal eers na Tristan de Cunha vaar om sy twee burgers af te laai en daarna terug na Kaapstad wat sowat vier tot vyf dae sal duur.
Volgens MarineTraffic was die Geo Searcher 69,2 m lank en 12,8 meter breed en in 1982 gebou.
Gough-eiland is sowat 2 600 km van Kaapstad in die Suid-Atlantiese Oseaan geleë.
– [email protected]
Die Geo Searcher by Gough-eiland voor dit gesink het. Foto Geo Searcher

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie