Namibiu00ebrs op die kleinkassie
Namibiu00ebrs op die kleinkassie

Namibiërs op die kleinkassie

Yandi Du Plessis
Yolanda Nel – Wou jy nog altyd op die televisie wees, maar jou ouers wou nie vir dramaklasse betaal nie? Wel nou is jou kans!

ABS Produksies gaan binnekort ’n reeks kortfilms in Namibië verfilm.

“Ons is opsoek na toneelspelers met talent wat daarvoor gebruik kan word,” sê Antonie Bougas van ABS Produksies. Hy voeg by dat Namibië spesifiek vir hierdie films gekies is, omdat die land “ongelooflik mooi is en baie potensiaal het”.

Vir die span is dit belangrik Suid-Afrikaners maak kennis met die mooi landskappe wat Namibië bied in die gemak van hul huise.

Volgens Antonie is hulle op soek na mense van alle ouderdomme.

“Die kortfilms word in Namibië self verfilm en buiten vir die bekende akteurs wat rolle vertolk, sal dit verder net Namibiërs wees,” sê hy.

Die produksies sal tussen Maart en April 2022 verfilm word.

Diegene wat belangstel, kan ’n WhatsApp na +27 61 985 3108 stuur met die woord “Nam”, jou naam en van, en waar jy woon. Daarna sal jy ’n skakel ontvang met gedigte en monoloë.

“Neem jouself op terwyl jy een van hierdie gedigte opvoer en stuur die video terug aan ons,” sê Antonie.

Diegene wat deurdring na die volgende ronde sal genooi word na ’n fisieke oudisie wat deur Antonie en Bradley Olivier (van Binnelanders-faam) behartig sal word.

Antonie se raad is om moeite met jou voorkoms te doen.

“Moet ook nie die video met ’n venster in die agtergrond verfilm nie. Begin jou video met jou naam en van, die dorp waar jy woon, jou ouderdom en enige ervaring in die bedryf,” vertel hy.

Volgens hom moet belangstellendes onthou ’n viermaandekursus moet voltooi word om toneelspelers gereed te kry. Ongelukkig is dié kursus nie gratis nie, en dit sal in Windhoek aangebied word.

Belangstellendes het tot 10 November kans om hul video’s in te stuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!