Namibiërs ryg kuns-medaljes in
Tanja Bause – Die groep Namibiërs wat in Los Angeles in die VSA aan die World Championships of Performing Arts deelgeneem het, sal Woensdag met ’n tas vol medaljes en trofees terugkeer.
Altesaam 60 lande vanoor die wêreld het aan die kampioenskappe deelgeneem, wat as die Olimpiese Spele van uitvoerende kunste gesien word.
Andre Schriven en Percy Rinquest het beide nie net medaljes gewen nie, maar ook beurse om verdere opleiding in die VSA te ontvang.
Charly Ann Debortoli en Sonja Keil, van Pole Dance Fitness Swakopmund, is as die wêreld se algehele wenners in die duet-afdeling aangewys.
Volgens Lomine Brynard, Namibië se spanbestuurder, is die wenners in die Namibiese junior span die volgende:
Anri Brynard, een brons medalje; Marelike Fereira, een goue, een silwer, twee brons medaljes en algehele trofeewenner; Lara-Nika Praetorius, een goue medalje en algehele trofeewenner; Jessica Strydom, twee silwer medaljes en algehele trofeewenner.
Die senior span se wenners is: Andre Schriven, een brons medalje en ’n beurs van sowat N$200 000; Aaron Symonds-Mayes, twee silwer medaljes; Le Clue Job, twee goue en een silwer medalje; Ismael Khoros Howoseb, twee brons medaljes; Sascha Olivier-Sampson, een goue en een brons medalje en algehele wenner; Sonja Keil, twee goue en een brons medalje en algehele wenner; Percy Rinquest, vier goue medaljes, vier keer algehele wenner en ’n beurs van N$66 000; Charly Ann Debortoli en Sonja Keil van Pole Dance Fitness Swakopmund, drie goue medaljes en die wêreld se algehele wenners vir ’n senior duet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie