Namibiërtjies woeker in Bloem

Pluimbal
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Me. Lynn du Preez van die Oranjemund Pluimbal­klub het onlangs met 'n nasionale junior span na Bloemfontein gereis waar die spannetjie van agt lede besonder goed by die Suid-Afrikaanse interprovinsiale onder 15-kampioenskap gevaar het deur algeheel vyfde uit twaalf spanne te eindig.

Die spanlede was Taron Pretorius (14), Inge du Plessis, Nadia Salchow, Jasper van Dyk, Noah Nell, Jandré Botha, Hertta Amutenya (10) en Tristan Nell (9).

Du Preez is die Namibiese nasionale junior afrigter en baie trots op wat haar spelers in die vreemde vermag het.

“My spelers is bitter jonk en het teen meer ervare kompetisie te staan gekom,” het Du Preez aan Republikein gesê.

“Ons oudste spanlid is 14 en die jongste een is maar net nege jaar oud, maar boeta, moenie vir hulle weggooi nie. Die kinders het 'n barshou gespeel en vyfde geëindig. Ons is trots op die meisies en seuns wat ten alle tye hul beste gelewer het en ware ambassadeurs vir Namibië was.

“Nadat die kampioenskap afgehandel was, is spelers volgens hul wedstryduitslae gegradeer en sewe van ons kinders het as nommer 1, 2, 5, 6 en 7de op die ranglys geëindig. Taron Pretorius en Jasper van Wyk het beide eerste plekke behaal, terwyl Jandré Botha tweede is.

“Inge du Plessis is vyfde, Hertta Amutenya sesde en die Nell-boeties Tistan en Noah is gesamentlik sewende,” het Du Preez trots vertel.

Die 14-jarige Taron Pretorius wat tans in die Wes-Kaap by Worcester Gimnasium skoolgaan, was die kaptein van die span. Sy het die semifinale in die enkelspel-afdeling gehaal en dié prestasie in die dubbelspel, asook die gemengde dubbelspel herhaal.

Jasper van Dyk en Jandré Botha het die kwarteindstryd in die dubbelspel gehaal, met Noah en Tristan Nell wat die enkelspelplaatkompetisie en dubbelspel gewen het.

“Ons het die mees fantastiese ouers wat dit finansieel moontlik gemaak het vir hul kinders om in Bloemfontein te gaan deelneem. Ek wil baie dankie sê vir elkeen se onbaatsugtige bydrae tot 'n onvergeetlike tyd wat die spelers vir altyd sal onthou,” het Du Preez afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!