NamPower gee skuld blaaskans
NamPower gee skuld blaaskans

NamPower gee skuld blaaskans

Augetto Graig
Augetto Graig - NamPower het gister op die nippertjie besluit om verskeie dorpe en nedersettings, meestal in die Suide, se kragtoevoer nié af te sny nie.

Volgens NamPower se woordvoerder, me. Tangeni Kambangula, het die nasionale kragver­skaffer se raad die besluit geneem nadat die meeste van die dorpies wat NamPower met die afsny geteiken het, positief gereageer het. Hulle het óf hul agterstallige rekeninge betaal, óf reëlings getref om dit af te betaal.

NamPower het verlede week aangekondig dat dorpe wat die kragverskaffer lank reeds groot bedrae skuld, gister van tienuur af nie meer elektrisiteit sou ontvang nie.

“Die besluit om kragtoevoer na 'n kliënt wat aan NamPower ver­skuldig is af te sny, is in lyn met die maatskappy se kredietbeleid en skuldinvorderingstrategie,” het sy gesê.

Die totale skuld was toe N$46,5 miljoen. Volgens Kambangula staan die syfer nou op N$29,7 miljoen.

“NamPower sal voortgaan om kliënte te betrek om hul agterstallige skuld met verloop van tyd, óf te betaal, óf om gepaste alternatiewe reëlings te tref,” het sy gesê.

“NamPower is dankbaar teenoor die kliënte wat positief gereageer het op die beroep om hul rekeninge te betaal, maar ons moedig kliënte aan om hul rekeninge op datum te hou om te verhoed dat hulle nie in die vervolg afgesny word nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!