Namvet soek steeds hulp
Wil staat onder druk plaas
Catherine Sasman
Ten spyte van pogings om die beplande oorhandiging van versoekskrifte aan Westerse ambassades en instansies oor beweerde onregverdige behandeling en diskriminasie deur die Namibiese regering te ontwrig, het voormalige SWATF-Koevoet-lede hul eerste versoek gister aan die Britse hoëkommissariaat oorhandig.
Die oudsoldate het van plan verander om hul optog Sondag te begin en langs die pad te slaap soos hulle van een ambassade na die volgende beweeg. Dit volg ná breedvoerige gesprekke met NamPol se hoof, inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga.
Hulle sê hulle sal nou heen en weer tussen die ambassades en die Rooivlag Kommandosaal beweeg waar hulle met hul sitstaking voortgaan om oorlogveteraanstatus by die regering te eis.
In die petisie wat deur die Britse hoë kommissaris ontvang is, sê die oudsoldate hulle word die voorreg ontsê van gelyke geleenthede in die land wat hulle en hul nageslag ’n tuiste noem.
Hulle eis steeds dat die Wet op Veterane van 2008 diskriminerend is omdat dit net diegene erken wat aan Swapo se kant geveg het.
SWATF-Koevoet het in die verlede die Swapo-regering gevra om die wet te wysig om voorsiening te maak vir alle oudsoldate, afgesien van watter kant hulle tydens die gewapende konflik geveg het.
Hulle meen die Wet op Veterane is strydig met die algemene internasionale omskrywing van ’n oudstryder. Hulle meen voorts die wet is ook strydig met die kern van die leer oor ontwapening, demobilisasie en herintegrasie wat deur die Verenigde Nasies (VN) onderskryf word.
Die betogers wat onder die vaandel van die Namibiese Oorlogveteranetrust (Namvet) optree, het gesê die Namibiese regering se optrede sedert onafhanklikwording het vir hulle en hul nageslag “volgehoue verliese” ten opsigte van sekuriteit, menswaardigheid en voordele vir senior burgers meegebring.
Namvet meen partybeamptes wat hoë poste in die staatsdiens beklee, het “dade van openlike vyandigheid en/of wraak” teen voormalige lede van SWATF-Koevoet, insluitend “oorlogspropaganda en ander vorme van haatspraak” vertoon.
Die oudsoldate vra die internasionale gemeenskap om druk op die Namibiese regering te plaas om hulle “vir verliese en vernedering te vergoed” en om aan hulle omvattende maatskaplike berading, voldoende gesondheidsorg en mediese ondersteuning te bied. Dit moet tuisgebaseerde sorg asook bystand met die herintegrasie van oudsoldate in die burgerlike samelewing en opleiding insluit.
Die oudsoldate eis ook dat hulle vir hervestiging in ag geneem word, soos vir erkende oorlogsveterane voorsiening gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie