Nasate eis splinternuwe gesprek oor volksmoorde
Nasate eis splinternuwe gesprek oor volksmoorde

Nasate eis splinternuwe gesprek oor volksmoorde

Dani Booysen
Yochanaan Coetzee - Die Duitse regering se hernude uitspraak dat hy nie volgens internasionale reg aanspreeklik is om reparasies aan die nasate van koloniale volksmoorde in Namibië te betaal nie, is gister opnuut deur verteenwoordigers van die Ovaherero, Ovambanderu en Nama verwerp.
Verteenwoordigers van hierdie volke dring steeds aan op direkte inspraak by onderhandelinge tussen Namibië en Duitsland.
Daar is ook kritiek gelewer op die verwagte vorm wat ’n verskoning vir hierdie wandade gaan aanneem.
Tydens ’n nuuskonferensie by die VN Plaza in Windhoek het verteenwoordigers van die Ovaherero en Ovambanderu se Volksmoordstigting (OGF) en die Nama Tegniese Komitee gesê dat hulle mense betrokke was van die begin van volksmoorde en dat hulle daarom betrokke sal bly totdat die kwessie afgehandel is.
Op 13 Julie is ’n prokureursbrief namens hierdie groepe en die Ovaherero in diaspora aan ambassadeur George Schmidt, direkteur vir Afrika-­sake in die Duitse ministerie van buite­landse sake, oorhandig. Dit is opgestel deur die firma McCallion­ en Vennote van New York en eis formele insluiting by voortgesette onderhandelinge.
’n Geldige skikking sal volgens die groepe hiersonder onmoontlik wees.
“Die Duitse en Namibiese regerings moet hul onsin stop. Dit is ’n heilige saak vir ons en ons eis die reg om self-verteenwoordiging ingevolge artikels 11 (2) en 18 van die VN Verklaring oor die Regte van Inheemse Volke,” het me. Ester Muinjangue van die OGF gesê.
“As dit hul standpunt is, laat dit ’n mens wonder. Aan wie gaan hulle verskoning vra en waarvoor?” het sy bygevoeg.
Me. Ida Hoffmann het saam­gestem dat dit nie reg is dat die geraakte groepe se verteenwoordigers van die gesprekke uitgesluit is nie. “Die (Namibiese) regering is eers in 1990 gevorm,” het sy aangevoer. “Dit was die stam en tradisionele leiers wat tydens die volksmoord met die Duitse keiserlike magte in kontak was.”
“Dit gaan oor wette wat Duitsland geskend het, nie politiek nie,” het mnr. Festus Muundjua van die OGF gesê. “Ons moet direk met die Duitse regering onderhandel en die Namibiese regering moet help met bemiddeling.”
Muinjangue het gesê dit is ontmoedigend om te sien dat sommige Namibiërs, insluitende ons president, baie ongemaklik is om die oogluikende feit aan te roer dat die voorouers van spesifiek die Nama en Ovaherero deur die Duitse imperiale magte uitgewis is.
“Hierdie proses is gebrekkig, moet terug na die tekenbord en moet al die partye insluit sodat ons die proses van begrip kan begin en die herstel van die onbepaalbare emosionele, intellektuele, kulturele en materiële skade wat veroorsaak is.”
“Alle volksmoorde van die 20ste eeu is afgesluit,” het Muundjua gesê, “behalwe die een op ons stamvaders, wat ook die bloudruk vir die volksmoord op die Jode was.1396986481

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!