Nasieners se eise verwerk
Nasieners se eise verwerk

Nasieners se eise verwerk

Henriette Lamprecht
Goedgekeurde tariewe wat uitbetaal sal word aan die nasieners van vanjaar se graad 10- en graad-12-vraestelle, is Vrydag van die Openbare Dienskommissie ontvang.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het in ''n verklaring gesê die tariewe vir die 2016 nasionale eksamens moet egter nog met 5% aangepas word. Dit verwys na die 5%-verhoging waarop ooreengekom is ná die ondertekening van ''n salarisooreenkoms tussen die regering se onderhandelingspan en vakbonde in Oktober om ''n landwye onderwysstaking te beëindig.

Die ministerie het by monde van sy permanente sekretaris, me. Sanet Steenkamp, gesê voorwaardelike maatreëls is ingestel om te verseker dat alle onverwerkte eise dringend verwerk moet word.

“Streekkantore het opdrag ontvang om die verwerkingsproses te versnel die oomblik wanneer eise van die direktoraat van nasionale eksamens en assesering ontvang word.”

Steenkamp het haar dank uitgespreek teenoor alle personeellede vir hul bydrae tot die suksesvolle nasien van vanjaar se nasionale eksamen­antwoordstelle.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!