Nasionale biblioteek, argiewe opgeknap
Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap en opgegradeer word. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring die opknappingswerk begin reeds vandeesmaand en behoort teen die einde van Maart aanstaande jaar voltooi te wees. Volgens die ministerie sal daar periodieke onderbrekings van dienste wees en waartydens die instellings nie vir die publiek oop sal wees nie. Die publiek vervolgens hieroor ingelig word. Die opknappingsprojek word gefinansier deur die Afrika Ontwikkelingsbank teen ‘n beraamde koste van N$18,5 miljoen. Die opknappingswerk sluit die vervanging van alle waterpype, die herstel van die sprinkelstelsel teen moontlike brande asook die opknap van die lugverkoelingstelsel in.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie