Nasionale biblioteek en argief tydelik toe
Nasionale biblioteek en argief tydelik toe

Nasionale biblioteek en argief tydelik toe

Vanweë dringende herstelwerk aan die nasionale biblioteek en argief is die instansie se deure vir eers gesluit.
Die nasionale biblioteek en argief se deure is tydelik gesluit.

Volgens die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, word nood­herstelwerk aan die loodgietery van die gebou sedert 8 Januarie gedoen.

“Die ministerie is bewus van die ­belangrikheid van die nasionale biblio­teek en argief vir die publiek, asook besoekende en plaaslike ­navorsers. Dit is die enigste ­openbare ­navorsingsinstansie wat ingevolge die wet op die Namibiese biblioteek en ­inligtingsdiens die mandaat het om die nasionale versameling bymekaar te maak, te bewaar en toegang daartoe te verleen,” sê Steenkamp in 'n ­verklaring.



nasionale instelling

Dit dien ook as die ­nasionale, ­biografiese agentskap, Die instansie is verantwoordelik vir die toekenning van die ­internasionale standaardboeknommer en ­internasionale standaardreeksnommer (ISBN/ISSN) aan publiseerders en skrywers, of aan boeke en tyd­skrifte of enigiets wat in Namibië gepubliseer word. Dit is 'n nasionale instelling wat die Namibiese geskiedenis bewaar en toegang tot hierdie rekords verleen. Van die rekords dateer van die 1800's. Volgens Steenkamp is dit ook die enigste regeringsinstelling wat verantwoordelik is vir die stel van ­standaarde, die inspeksie van rekords en wat moet verseker dat alle kantore, ministeries en agent­skappe asook staatsondernemings behoorlik rekord hou soos deur die wet bepaal.

Sy sê 'n lewensvatbaarheid­studie wat in 2012 gedoen is, het aan die lig gebring die gebou waarin die ­biblioteek en argief gehuisves word, het ernstige struktuurprobleme. Die ministerie van werke en vervoer het oor die jare herstelwerk gedoen wanneer probleme opgeduik het.

“Gegewe die omvang van die kwessie het die ministerie die opknapping een van sy dringende ­prioriteite gemaak, en dit sal deur die Afrika Ontwikkelingsbank gefinansier word,” sê Steenkamp.

Sy het namens die ministerie verskoning gemaak vir enige ongerief wat die sluiting meebring. Sy het ook die versekering gegee dat alles moont­lik gedoen word om te verseker die ­biblioteek en argief heropen so spoedig moontlik.

Steenkamp het mense aangeraai om intussen van die Windhoek ­openbare biblioteek in Lüderitzstraat, die ­biblioteek van die ministerie van ­onderwys, kuns en kultuur in die ­Regeringkantoorpark, die Greenwell Matongo-biblioteek en die ­biblioteek van die Rössing-stigting gebruik te maak.

Diegene op soek na die naaste biblioteek kan 061 293 5301, 293 3184 of 293 5255 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!