Naskoolse studies vir 82% in Oshanastreek nie beskore
Naskoolse studies vir 82% in Oshanastreek nie beskore

Naskoolse studies vir 82% in Oshanastreek nie beskore

Die direkteur van onderwys in die Oshanastreek sê Covid-19 was die grootste bydraende faktor in die afname in die slaagsyfer verlede jaar.
Tunohole Mungoba
Tunohole Mungoba op Oshakati – Slegs 504 van die 2 812 leerlinge wat in die Oshanastreek vir die 2020 graad 12-eksamen geregi­streer het, kwalifiseer vir tersiêre opleiding.

Die statistieke en ontleding van die 2020-eksamenuitslae vir beide graad 11's en 12's is verlede week in Oshakati tydens 'n konferensie met belanghebbendes bekend gemaak.

Die direkteur van onderwys in dié streek, me. Hileni Amukana, sê Covid-19 was die grootste bydraende faktor vir die daling in die slaagsyfer in die Oshanastreek.

“In ons streek het die leerlinge baie gely. Hulle was in kwarantyn of in isolasie. Onderrig het skaars plaasgevind. Die bevindings van 'n laer slaagsyfer is egter nie net opvallend in die Oshanastreek nie, maar die hele kurrikulum.

“Die onderwysstelsel moes noodgedwonge by elke leerling aanpas en hulle akkommodeer,” het Amukana gesê.

Die statistieke wys ook op 297 leerlinge wat in 2020 swanger geraak het en dié getalle is eers ingesamel toe skole heropen is.

Amukana sê die getalle is kommerwekkend en sy is van mening dit is weens leerlinge wat tydens die pandemie huis toe gestuur is.

“'n Gebrek aan ondersteuning van ouers is nog 'n faktor, want wanneer leerlinge huis toe gestuur word om te isoleer en te studeer, stuur die ouers hulle in die veld in om te werk. Hierdie maatskaplike probleme kom baie in ons streek voor.”

Met betrekking tot verlede jaar se graad 11-uitslae, was dit landswyd die eerste eksamen wat dien as die eerste uitgangspunt van sekondêre onderwys en om te kwalifiseer vir die nuut ingestelde Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat Gevorderde Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak (NSSCAS).

Op die oomblik bied slegs sewe van die 147 skole in die Oshanastreek NSSCAS aan.

Die Gabriel Taapopi Senior Sekondêre Skool in Ongwediva het 'n 77,10% slaagsyfer vir graad 11 en is nommer een in die streek.

Die Privaatskool Mauritz Devenish is gesamentlik tweede saam met die Liberty Heritage Private School in Ongwediva met onderskeidelik slaagsyfers van 66,67% en 75%.

Die Kapolo Combined School in Ompundja het die swakste gevaar met 'n 0% slaagsyfer.



DIE PAD VORENTOE

“Ons werk beslis daaraan om skole soos Kapolo te identifiseer en bykomende ondersteuning te bied. Ek en my span werk tans om kwessies in dié skole te bepaal en ons beplan om die skole meer gereeld te besoek.

“Onderwysers moet verstaan leerlinge moet reeds vroeg in graad 10 hard begin werk om in graad 11 te presteer en vir NSSCAS te kwalifiseer,” het Amukana gesê. Die statistieke dui ook op die verskillende uitdagings wat die streek in die gesig staar, soos onder meer die hoë infeksiekoers van Covid-19 in koshuise, 'n gebrek aan toerusting vir inligting- en kommunikasietegnologie om die leerproses tydens inperkings te vergemaklik, 'n hoë onderwyser-tot-leerling-verhouding en onvoldoende koshuisakkommodasie vir senior sekondêre leerlinge.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!