Nat blaaie pootjie kolwers
Nat blaaie pootjie kolwers

Nat blaaie pootjie kolwers

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die gekombineerde krieketspan van die kus, die EBH Welwitschias, het sy voorsprong op die puntelys van die eendag-premierliga vergroot toe hy Trustco United met nege paaltjies uit die pad gevee het.

Dit was die kusspan se derde opeenvolgende sege in wegwedstryde hierdie seisoen en kaptein Christopher Coombe se span spog nou met vyf oorwinnings uit ses kragmetings.

Die Welwitschias is tans met 20 punte boaan die puntelys, terwyl die verdedigende kampioen Wanderers met 12 tweede geplaas is. WHS Old Boys beklee die derde posisie met tien, gevolg deur United en CCD Tigers onderskeidelik met agt en ses.

Saterdag se twee wedstryde tussen EBH Coastal en United, asook dié van WHS Old Boys en CCD Tigers is beide deur nat kolfblaaie beïnvloed nadat reënwater die vorige aand deur die dekseile gesyfer het.

By die Vegkopstadion, Old Boys se tuisveld, het die blad egter só nat gebly dat die wedstryd afgelas moes word nadat bevind is dat dit onspeelbaar was. Volgens die regulasies sou die oorwinning noodwendig aan die besoekende span toegeken gewees het. Stephen Baard, die besoekende Tigers-kaptein, het egter soos ’n ware heer ’n gelykopuitslag aan die gasheerspan aangebied, waar beide klubs twee ligapunte kan ontvang.

Die amptelike uitslag moet nog deur Krieket Namibië bekragtig word alvorens ligapunte aan die twee spanne toegeken sal word.

UNITED VERNIEL

Die United teen Welwitschias kragmeting kon wel om 12:00 begin, hoewel die boulbeurte van 50 tot 38 per span verminder is.United, wat die loot verloor het en deur Coombe ingestuur is, was van die begin af in die knyp in hul kolfbeurt van 91 almal uit.

Die driemanskap van Christopher Coombe, Ben Shikongo en draaier Zhivago Groenewald het die eerste vyf kolwers vir net 52 lopies in 15 beurte uitgehaal.

Met Julian le Roux se blitsballe het die Bloues ook min raad gehad en kaptein Dickson Vambe en Danie van Schoor kon onderskeidelik net vier en elf tot die besoekers se totaal bydra, terwyl Mika Mutumbe (3) deur die jong Shikongo uitgehaal is.

United, wat op 67 vir agt ná 21 boulbeurte gesteier het, kon darem 24 lopies in die laaste sewe boulbeurte aanteken. Ondanks die strydros Melt van Schoor (13 nie uit nie) en paaltjiewagter Robbie Dickson se bydrae van 12 lopies kon die besoekers nie 100 haal nie.

Vir die Welwitschias het Shikongo 3/14 in agt beurte, Le Roux 2/13 in vier, Coombe 2/37 in agt en Groenewald 2/21 in ses beurte geneem.

Vir die kusspan se Mias Strauss en Romario Scholtz as openingspaar was die wenteiken van 92 sekerlik nie ’n groot bron van kommer nie. Die draaier Melt van Schoor het wel toegeslaan deur Strauss (25) been voor paaltjie te betrap. Hierna het sy plaasvervanger Zhivago Groenewald (19 nie uit nie) saam met Scholtz (29*) egter die oorblywende 58 lopies afgekolf en die kragmeting in die 23ste beurt beklink.

Hoewel Danie van Schoor soms goeie draai en Mika Mutumbe wip van die blad af gekry het, het die besoekers se boulaanval nie groot probleme ingehou nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!