NBC sny One Africa, TBN
Die nasionale uitsaaier se besuinigingsmaatreëls raak die hele Namibiese uitsaaibedryf.
Augetto Graig - Die nasionale uitsaaier (NBC) het uitsendings van One Africa-televisie (OATV) en Trinity Broadcasting Namibia (TBN) se vlerke gister geknip.
Tot vandeesweek het die NBC se uitsaaitoring die heruitsending van programme behartig, wat nie van satelliet-tegnologie gebruik maak nie.
Me. Umbi Karuaihe-Upi, die NBC se woordvoerder, het gister bevestig: “Ja, ons het One Africa ook gesny.”
Mnr. Stefan Hugo, die kanaal se uitvoerende hoof, het bevestig uitsendings is van 11:00 af gister opgeskort.
Volgens Karuaihe-Upi was die kwessie rondom kosteverhaling van beide OATV en TBN al ’n geruime tyd op die tafel in gesprek met die twee ondernemings.
“Daar is vasgestelde koste wat die NBC gedra het om uitsendings moontlik te maak, wat die twee entiteite hoofsaaklik bevoordeel het. Ons huidige omstandighede het dié optrede ongelukkig genoodsaak,” het sy gesê.
“Dit is natuurlik nie ons voorkeurposisie nie, maar OATV en TBN is bewus daarvan, en sou ’n mate van ingryping moontlik wees, sal die NBC dit ondersoek. Ons besluit is ’n suiwer sakebesluit en is na aanleiding van ons huidige finansiële uitdagings geneem,” het Karuaihe-Upi gesê, wat ook die uitsaaier se hoof- kommersiële beampte is.
NBC se kanale 3,4,5 en 6 is ook reeds gesny as besuinigingsmaatreël.
TBN se stigter, me. Be Botha, het gister gesê: “My hart is swaar omdat die woord van die Here afgesit is.”
TBN is nou geheel en al van die lug af, maar One Africa kan nog op DStv en GOtv se satelliet-betaalnetwerke gekyk word, asook op TV2Africa, ’n gratis stromingsplatform.
Mnr. Stefan Hugo, uitvoerende hoof van One Africa, het gistermiddag gesê hy het verlede week ’n brief van die uitsaaier ontvang om hulle in kennis te stel van die opskorting van die kanaal se uitsendings.
“Ek verstaan nie hoekom hulle dit doen nie. Nou is daar net twee kanale op hul dekodeerders wat van sewe tot nege uitsaai. NBC se dekodeerders is nou, wat inhoud betref, gesmoor. Ons is self effe in die donker met geen aanduiding van of dit tydelik of permanent is nie.”
Botha het beklemtoon die Christen-kanaal verkwalik nie die nasionale uitsaaier nie.
“Hoewel ons afgesny is, soek ons nie oorlog met die NBC nie,” sê sy.
“Ek voel ons is werklik ’n klein nasie, en dit is belangrik dat ons mekaar se hande vat. Ons reik na hulle uit,” het sy gesê.
In ’n video op TBN se Facebook-blad sê Botha dié verwikkeling is deel van ’n groter aanval op leierskap in Namibië.
Sy sê Namibiese leiers moet onregverdige situasies pak, wat hul volgelinge kwesbaar maak.
“Ons het veral die laerinkomstebevolking geteiken en ’n boodskap van hoop aan hulle oorgedra. Baie het gesê wat ’n seën dit vir hulle was,” sê sy.
Vir haar kanaal is die uitsaaier se stap die jongste in ’n reeks teleurstellings.
TBN moes reeds aan die einde van 2018 terugtrek kus toe, en kon sedertdien geen ander uitsaaiplatform bekom nie.
Hul werknemers is intussen ook met die helfte gesny.
TBN ontvang die meerderheid van sy inkomste uit skenkings van hul kykers.
“As hulle nie kan kyk nie, hoe skenk hulle?” het Botha gevra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie