Neckartal steeds 96,3% vol
Neckartal steeds 96,3% vol

Neckartal steeds 96,3% vol

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die reusagtige Neckartaldam is steeds 96,3% vol en bevat nou 825,540 Mm³ (miljoen kubieke meter) water – bykans dubbel die hoeveelheid water wat al die damme in die res van die land tans gesamentlik bevat.

Boonop is nasionale damme vanjaar, met 'n gemiddeld van 80,7%, in 'n heelwat beter stand as verlede jaar dieselfde tyd, toe dit gemiddeld sowat 27,1% water oor gehad het.

Tóé was daar veral kommer oor damme in die Suide, met die Har­dapdam wat net sowat 36,6% water oor gehad het. Die situasie het intussen drasties verbeter.

Tans bevat die Hardapdam 60,5% (178,092 Mm³) water, terwyl die Nautedam 91,3% (76,300 Mm³) vol is. Die Oanobdam bevat ook 87,7% (30,244 Mm³) water, met die Dreihoekdam en Bondelsdam wat onderskeidelik 28,3% (4, 389 Mm³) en 1,6% (0,018 Mm³) water oor het.

Dit bring die gemiddelde stand vir Suidedamme op 86,7% te staan, vergeleke met 22,9% verlede jaar. Daarteenoor is damme in die Ooste en sentrale dele van die land se vlakke min of meer dieselfde as verlede jaar.



SENTRAAL EN OOS

Die drie damme wat sentrale Namibië, insluitend die hoofstad van water voorsien, is gemiddeld 75,1% vol.

Tussen dié drie damme is die Swakoppoortdam steeds die volste teen 87,5% (55,532 Mm³), gevolg deur die Omatakodam wat nog 74,2% (32,296 Mm³) water bevat en die Von Bachdam wat 59,2% (28,157 Mm³) water oor het.

Verlede jaar dieselfde tyd was dié damme gemiddeld 69,5% vol. Damme in die Ooste is gemiddeld 34,4% vol, teenoor verlede jaar dieselfde tyd se 28,4%.

Die Tilda Viljoendam is die volste op 70,9% (0,868 Mm³), gevolg deur die Daan Viljoendam 64,3% (0,276 Mm³). Die Otjiverodam is die dam wat tans die meeste water in dié gebied bevat met 4,846 Mm³ (49,4%), terwyl dié dam se slikdam ook sowat 8,1% (0,629 Mm³) water bevat.

Die Friedenau- en Goreangabdam is onderskeidelik 87,6% (5,892 Mm³) en 99,5% (3,603 Mm³) vol.

Die Olushandjadam het 20,7% (9,428 Mm³) water oor, terwyl die Omdeldam en die Omatjennedam tans leeg is.



VOORSPELLINGS

Intussen sê die Australiese Buro vir Meteorologie, alhoewel dit nog onduidelik is of La Niña-toestande wel sal ontwikkel, sy klimaatmodelle voorspel dat die Indiese Oseaan-dipool (IOD) negatief tydens die komende reënseisoen sal bly. Dis goeie nuus vir Namibië se komende reënseisoen.

Volgens die buro is Enso-toestande tans neutraal en handhaaf seeoppervlaktemperature in die sentrale Stille Oseaan-gebied naastenby neutrale vlakke, alhoewel dit oor die afgelope twee maande ietwat afgekoel het. Water onder die oppervlak is ietwat koeler as die gemiddeld.

Sou die seeoppervlaktemperature genoeg afkoel en lank genoeg koeler bly, sal dit as die verskyning van La Niña-toestande beskou word, wat ook met natter toestande in Suider-Afrika vereenselwig word.

Tog sê die buro slegs twee van hul sewe modelle voorspel dat die seeoppervlaktemperature lank genoeg koud genoeg sal bly.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!