Nedbank skenk N$1 miljoen aan natuurstigting
Om vir die omgewing om te gee, is nie 'n keuse nie, maar 'n verantwoordelikheid, sê die groep.
Nedbank Namibia het verlede week meer as N$1 miljoen aan die Namibië Natuurstigting (NNF) vir omgewingsprojekte geskenk.
Deur Nedbank se Go Green Fund word in omgewingsvolhoubaarheid belê. Die bank is tans besig om 58 bome oral in Namibië te plant. Dit is 'n inisiatief Nedbank-personeel om meer bewustheid van die omgewing te skep.
"Om vir die omgewing om te gee, is nie 'n keuse nie, maar 'n verantwoordelikheid," het dr. Edward Turner, Nedbank se uitvoerende hoof van korporatiewe en beleggingsbankdienste, gesê.
"Deur middel van ons voertuig- en huisfinansieringfasiliteite voorsien Nedbank ook klein lenings vir programme oor bewaring, beskerming en goeie bestuur van Namibiese habitatte en inheemse plante."
Tydens die geleentheid het die adjunkminister van die omgewing en toerisme, mnr. Tommy Nambahu, die belangrikheid van die bewaring van die land se natuurlike hulpbronne beklemtoon: “Dit is ons verantwoordelikheid om Namibië se natuurlike hulpbronne te beskerm en sosioëkonomiese voordele daaruit te put."
Vele waardige projekte is die afgelope 16 jaar deur die Go Green Fund-vennootskap tussen Nedbank en die NNF ondersteun. Sulke projekte is onder meer die Namibwoestyn Omgewingsonderrigtrust (NaDEET), wat byna 'n halfmiljoen Namibiese dollar ontvang het vir sy werk in omgewingsonderrig, asook EcoAwards Namibia, 'n organisasie gemik op verantwoordelike toerisme. Die Go Green Fund ondersteun ook die Gemeenskapsbewaring Visserye-projek wat 'n gemeenskapsgebaseerde bestuurstelsel ontwikkel het om onwettige visvang in die Kavango- en Kwandorivier te takel.
Die Go Green Fund het tot hede N$6 miljoen aan omgewingsprojekte en inisiatiewe uitbetaal.
“Ons moet verseker dat ons bou op hierdie omgewingsvolhoubare suksesse. Daar is nog 'n lang pad om te stap, maar met kundiges in Namibië, ons burgerlike samelewing en met openbare en private vennootskappe soos dié tussen Nedbank en NNF, sal ons saam oplossings vind om die omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar," het Nambahu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie