Nederburg-veiling haal rekordpryse
Ondanks ’n kleiner volume, het wynpryse met 23% toegeneem en is R7 593 200 se wyn op vanjaar se Nederburg-veiling opgeveil.
Die 42ste Nederburg-veiling is Saterdag op die Nederburg-wynlandgoed in die Paarl aangebied met duisende wynkopers en -entoesiaste, plaaslik én in die buiteland, wat sake met ’n wynoog dopgehou het.
Wyne het vanjaar die hoogste prys per liter van R740 gehaal. Dit gee erkenning aan beide die verouderingspotensiaal van Suid-Afrikaanse wyne en die groeiende belangstelling in die gehalte daarvan.
Die afslaers, Anthony Barne van Bonhams en David Elswood van Christies, het gesorg dat 10 506 liter wyn oor twee dae opgeveil is.
“Kopers wêreldwyd het ’n groot aptyt vir Suid-Afrikaanse wyn en is bereid om hul beursies daarvoor oop te maak.” het die veilingsbestuurder, Dalene Steyn, gesê. Die De Wetshof Chardonnay Finesse 1993 het die vaandel vir Suid-Afrikaanse witwyne gedra met ’n rekordprys van R2 000 per 750 ml-bottel.
Rooiwyne het rekords laat spat en die gemiddelde prys het byna verdubbel tot R961 per liter. Voor in die koor was dit die Zonnebloem Shiraz 1976 wat R9 777 per liter gehaal het. Drie 750 ml-bottels is teen R22 000 verkoop.
Tsogo Sun het meer as een miljoen rand se wyne gekoop, gevolg deur die SPAR-groep en Singita. Ook die geleentheidspreker en Britse wynmeester, Tim Atkin, het die gehalte van Suid-Afrikaanse wyne geprys, met groot lof vir die 2015-oesjaar.
“Daar was nog nooit soveel goeie Suid-Afrikaanse wyne om van te kies nie.”
Die jaarlikse liefdadigheidsveiling het R500 000 vir twee verdienstelike organisasies ingevorder – met die hoogste prys van R70 000 wat vir een bottel Petrus 1988, een van Frankryk se ikoniese wyne, betaal is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie