NEEEB: Vars weergawe kom
NEEEB: Vars weergawe kom

NEEEB: Vars weergawe kom

Swartmense moet nie rugryers wees, nie maar méér moet in die ekonomie kan deelneem, sê burger Nahas Angula.
Francoise Steynberg
Catherine Sasman - Inheemse sakelui, swart én wit, moet gehelp word om inheemse besighede te begin op só ‘n manier dat die plaaslike gemeenskap eienaarskap van hul land se bronne kan hê, het “burger” Nahas Angula gesê.

Angula, wat deel was van ‘n paneelbespreking oor die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEB) op NBC se Engelse radiodiens gister, het bygevoeg dat die land se sakelui ook aangespoor moet word om in die landelike streke te belê om groeipunte daar te skep.

Hy het gesê die land se ekonomie moet groei deur plaaslike produksie en vervaardiging sodat meer geleenthede vir mense geskep kan word.

Angula het vertel hoe, tydens sy ampstermyn as die minister van verdediging, soldate eiers geëet het wat van elders kom.

“Kan dit so moeilik wees om ‘n pluimveebedryf hier te skep?” het hy gevra.

Angula, soos baie ander, voel NEEEB moet heroorweeg word, veral die verpligte 25%-aandeelhouding wat besighede in blanke besit aan voorheen benadeeldes moet afstaan.

“As iemand sê dat slegs van witmense verwag word om aandeelhouding af te staan, sal dit onregverdig wees. Baie swartmense het sedert onafhanklikwording ‘n fortuin gemaak en om hulle uit te sluit oor die kleur van hul vel sal nie reg wees nie. Swartmense moet nie rugryers wees nie,” het Angula gesê.

Hy het gesê die bemagtigingsraamwerk is jare gelede deur hom en die voormalige kennisbestuurder in die kantoor van die eerste minister, mnr. Mathew //Gowaseb, ontwikkel.

Angula het bygevoeg dat omstandighede intussen verander het.

“As jy sê mense is benadeel oor hul kleur, sal ek sê dit is nie so nie,” het Angula gesê.

DOEL IS GROTER DEELNAME

Die voorsitter van die Regshervorming- en Ontwikkelingskommissie (LRDC), me. Yvonne Dausab, het gesê argumente was altyd gemaak dat ras nie oorweeg moet word om ongelykhede te takel nie.

Sy meen daar moet realisties gekyk word na die demografie van armoede in die land. Sy het bygevoeg die doel van NEEEB is om te verseker dat swart Namibiërs wat oneweredig geaffekteer is deur armoede veroorsaak deur ‘n ongelyke verlede, ten volle in die land se ekonomie kan deelneem.

Dausab het gesê uit die wydverspreide konsultasies met die publiek het die LRDC egter besef sekere aspekte van die voorgestelde wetsontwerp moet heroorweeg word.

“Die doel was nooit om die swart elite se deelname [in die bemagtiging van benadeeldes] uit te sluit nie, maar dat méér Namibiërs in die land se ekonomie moet deelneem,” het Dausab gesê.

Sy het bygevoeg: “Wat jy nie wil hê nie, is ‘n situasie waar jy die swart elite uitsluit. Ons wil hê hulle moet meer doen.”

KOMMER OOR SAMESTELLING

Mnr. Tim Parkhouse van die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF) het weer eens kommer uitgespreek oor die samestelling van die raad wat die uitvoering van die NEEEB moet oorsien.

NEEEB in sy huidige vorm stel voor die raad moet uit kabinetslede bestaan wat nie enige inligting aan die publiek hoef te verskaf nie.

Parkhouse het gesê dit voorspel niks goeds vir drieledige besluitneming en deursigtigheid nie.

Dausab het geantwoord deur te sê dit is nie die doel van NEEEB om enigiemand by die besluitnemingsproses uit te sluit nie en om nie deursigtig te wees nie.

“Ons is vol vertroue dat die hersiene weergawe van die konsepwetsontwerp meer voorstelle van die publiek sal insluit,” het Dausab gesê, en bygevoeg dat die LRDC ‘n “vars weergawe” terug na die publiek gaan bring.

Die drie paneellede het saamgestem dat meer gewig aan deelname in die bestuur, opleiding en vaardigheidsontwikkeling gegee moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!