NEEEF alleen kan nie die ding doen
J A ROSSOUW SKRYF:
In die eerste artikel oor waarom NEEEF nie 'n oplossing vir die huidige armoedekrisis in Afrika en Namibië is nie, het ek beloof om verskeie instansies as voorbeelde te gebruik.
Omdat ek ’n leeftyd in die onderwys was, is dit logies dat ek onderwys as voorbeeld sal gebruik. Die vervalle toestand waarin ons onderwys tans verkeer, is die skuld van die regering, omdat hulle die gesag van God ontken en die gesag van die ouers as primêre opvoeders misken. Die regering beskou Namibië as ’n sekulêre staat en al is meer as 80% van die bevolking Christene is godsdiensonderrig en Bybelkunde uit ons skole verban.
As daar ’n krisis in die volkshuishouding is, byvoorbeeld ’n verterende droogte, is die kerk ’n gerieflike knoppie om op te druk en word verwag dat ’n ”biddag” wondere sal verrig.
As primêre opvoeders word die gesag van die ouers in seksonderrig aan hulle kinders deur skole oorgeneem en dogtertjies van nege is “op die pil,” 10 jaar oues gee geboorte en op 16 sien ’n tweede baba die lig!
Van die onopgeloste/onoplosbare probleme in die onderwys vandag is:
• Tekorte aan fondse
• Te korte aan handboeke en skryfbehoeftes
• Te korte aan klaskamers, kantore en toiletgeriewe
• Te kort aan meubels en toerusting
• Te korte aan goed opgeleide, toegewyde onderwysers
• Te korte aan sportfasaliteite by skole
Vrye Onderwys is een van die verkiesingsbeloftes wat voor onafhanklikheid gemaak is en eers onlangs deurgevoer is. Die belastingbetaler moet soos gewoonlik hoes. Die leerders is egter diegene wat aan die agterspeen drink, soos dit duidelik uit die volgende briewe en koerantberigte blyk: "Nothing in Life is Free" (17 Maart 2017, The Namibian), "Hanse-Himarwa bemoans poor use of free education funds" (14 March 2018, The Namibian), "Help onderwys uit die put" (14 November 2017, Republikein).
DIE BELANG VAN SELFDOEN
Ouers en die gemeenskap het in die verlede bygedra om die nodige fondse vir skole te genereer. As kind onthou ek hoedat ons 70 jaar gelede ’n skoolkonsert gehou het. Daar was ander maniere om geld in te samel om selfs ’n eie skoolbus te kon koop.
Hierdie wyses van geldinsameling is tans “koekies in die weeshuis”. Onderwys is gratis en die staat bewillig N$60,00 per leerder om in 2018 daarvoor te betaal. Met reg by herhaling gevra: “Who failed our Children?”
Wat maak ’n skoolhoof as handboeke en skryfbehoeftes alleen duisende dollar per jaar beloop? ’n Mens dink nie eers aan ander noodsaaklike uitgawes nie. Die onhaalbaarheid van die huidige beleid van gratis onderwys, as bydraende oorsaak van swak uitslae en duisende skoolverlaters moet dringend onder die loep geneem en die nodige regstellings onverwyld gedoen word.
’n Tekort aan handboeke en skryfbehoeftes wat laat afgelewer word, is ’n ernstige probleem.
Ek het gesorg dat al die 14 oorhoofse projektors in die skool in die Kaokoveld waar ek skoolhoof was, gebruik is. Ek het op eie koste gereeld Windhoek toe gery en het gesorg dat daar genoeg handboeke en voorrade vir die onderwysers beskikbaar is. Handboeke is gebruik om transparante van te maak en is deur die onderwysers gebruik. Klaswerkboeke is as dit nodig was met ’n guilotien middeldeur gesny, sodat meer leerlinge dit benut.
’n Gebrek aan handboeke kan nie net tot ernstige dissiplinêre probleme aanleiding gee nie, maar tot ongemotiveerdheid by onderwysers en leerlinge en uiteindelik tot swak resultate.
Dit is onbegryplik dat daar dertig jaar na onafhanklikwording steeds leerlinge is wat as gevolg van ’n tekort aan klaskamers onder bome of in tente onderrig ontvang, of dat dubbelsessies by skole ingestel is.
Jare gelede het ek aansoek gedoen vir ’n betrekking by ’n skool in een van die destydse tuislande. Daar aangekom, het ek met verontwaardiging gesien dat slegs die fondamente van die skool gegooi is. Die koshuis was ronde weermagtente en die kos is in groot driepootpotte op ’n oop vuur voorberei. Saterdae moes ons gaan jag, sodat daar genoeg vleis vir die volgende week sou wees. Binne ’n jaar het ons egter splinternuwe skool- en koshuisgeboue betrek.
VERWAARLOOSDE GERIEWE
Veral koshuise, maar ook verskeie skole is in ’n erg verwaarloosde toestand. Kosgangers moes al noodgedwonge elders gehuisves word.
Dat riool so ’n probleem kon word dat leerlinge en onderwysers gasmaskers moet dra, omdat die stank onuithoubaar is, was voorbladnuus in The Namibian van 7 Maart 2018. Terwyl ons by toiletgeriewe of liewers die gebrek daaraan is, wonder ek hoeveel skole in die landelike gebiede het 30 jaar na onafhanklikwording nog geen toiletgeriewe nie en leerkragte en leerlinge moet die omringende veld gebruik as die natuur roep.
Daar was vanjaar ’n spotprent van ’n leerling wat ’n stoel oor sy skouer skool toe dra. Daar staan by baie skole stukkende meubels soos skoolbanke en stoele.
Ek het die dele wat vervang moes word by die magasyn van die streekkantoor gaan haal en ek en die leerlinge het dan self die meubels herstel. Die manlike skoonmaker is geleer om te sweis, lekkende krane reg te maak en ander instandhoudingswerk te doen. Hierdie werkers het gevoel dat hulle met belangrike instandhouding besig is en dat hulle dienste nie net noodsaaklik is nie, maar dat dit waardeer word.
’n Tekort aan goed opgeleide en gemotiveerde onderwysers kan nie as verskoning gebruik word, om in hulle plek onopgeleide mense met net graad 10 en sonder enige ondervinding aan te stel nie. Leerkragte word gemotiveer deur erkenning vir die goeie werk wat hulle doen. ’n Goeie skoolhoof sien, erken en beloon gemotiveerde en toegewyde leerkragte.
In die goeie ou dae is sportgeriewe en skoolbusse deur geld wat daarvoor ingesamel is gekoop en instand gehou. Die harde werk van onderwysers, ouers en leerlinge het dit moontlik gemaak en almal was trots op hulle skool. Dit het as motivering gedien en goeie uitslae was 'n trots vir almal betrokke.
As die ministerie van onderwys teen 2123 jaarliks vir 40 000 nuwe leerlinge, wat vir die eerste keer skool toe gaan, voorsiening wil maak, sal hulle ’n nasionale span moet kry om in die dinkskrum te sak, want NEEEF alleen sal nie die ding kan doen nie.
Ek het meer as 260 artikels versamel oor die stand van onderwys in Namibië en van die ernstigste probleme waarmee onderwys in Namibië worstel.
By ’n latere geleentheid sal ek die vrye onderrig aan ons tersiêre inrigtings onder die loep neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie