Neem die pen op vir Windhoek Woordfees se skryfkompetisie

N$10 000 op die spel vir weninskrywing
Ronelle Rademeyer
Die Windhoek Woordfees (WWF) bied vanjaar vir die heel eerste keer ’n skryfkompetisie aan met N$10 000 se prysgeld op die spel in elk van die twee kategorieë.

Dié fees, wat vanjaar vir die 7de keer aangebied word, vind van 7 tot 10 Augustus in Windhoek plaas. Die gewilde Storievuur word die voorafgaande naweek reeds aangebied en gaan saamval met die jaarlikse Biltongfees van die Hervormde Kerk.

Olga Maartens, voorsitter van die WWF, sê Namibië beskik oor skrywers met ontsettend baie potensiaal. “Met die Skryfkompetisie 2019 wil ons Namibiese skrywers aanmoedig om uit te haal en te wys. En ons wil julle beloon vir julle kreatiwiteit.

“Die WWF beoog om ‘n bundel uit te gee met die twintig beste inskrywings in elke kategorie,” sê Maartens.

Die beoordelaars is bekende literêre kundiges op die gebied van kreatiewe skryfwerk, sê sy.

Deelnemers kan in twee afdelings deelneem: een vir kortverhale en een vir poësie. “Hoewel slegs die wenners in elke afdeling prysgeld ontvang, gaan ons die beste inskrywings in elke afdeling in ‘n bundel opneem en publiseer,” sê sy.

Afdeling 1 is vir kortverhale van maksimum 3 000 woorde met ‘n tema van die skrywer se eie keuse. Die prysgeld is N$10 000.

Afdeling 2 is vir gedigte en hier moet die deelnemer ‘n versameling van vyf gedigte inskryf, bestaande uit:

'n Haikoe ‘n Vryevers ‘n Sonnet ‘n Limeriek ‘n Gedig van die skrywer se eie keuse

Ook in dié afdeling kan die wenner van die beste “pakkie” gedigte wegstap met N$10 000 in die sak.

Maartens wys daarop dat die volgende reëls geld:

Slegs Namibiese burgers (of iemand wat permanent in Namibië woonagtig is) mag inskryf. Slegs Afrikaanse inskrywings sal aanvaar word. Slegs een inskrywing per persoon per afdeling. Slegs die wenners in elke afdeling ontvang die prysgeld. Die wenners van elke afdeling word tydens die Skrywersgesprekke van Windhoek Woordfees 2019 bekend gemaak (10 Augustus 2019). Inskrywings sal anoniem aan beoordelaars gestuur word, en die beoordelaars se bevindings sal finaal wees. ‘n Inskrywingsfooi van N$150 moet elke inskrywing vergesel. Die WWF se bankbesonderhede verskyn hieronder. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Junie 2019. Lede van die WWF-komitee mag deelneem, maar sal geen prysgeld ontvang indien hy of sy as wenner aangewys word nie. Die voorsitter van die WWF-komitee sal die inskrywings ontvang en anoniem aanstuur na die beoordelaars. Die voorsitter sal derhalwe nie aan die kompetisie deelneem of die inskrywings beoordeel nie.

Deelnemers moet hul inskrywing, vergesel van die volgende besonderhede, na [email protected] stuur:

Volle name Kontaknommer Bewys van burgerskap / permanente verblyf Bewys van betaling

KASSIE ASB

BANKBESONDERHEDE

Bank: FNB

Rekeningnaam: Namibiese Woordfees

Rekeningnommer: 622 480 801 37 (besigheidsrekening, tjek)

Bankkode: 282-273 (Maerua Mall)

Swiftkode: FIRNNAMX

Gebruik u naam en van as verwysing.

Besoek www.windhoekwoordfees.com vir meer inligting oor vanjaar se fees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!