Nege verloor alles in brand
Tanja Bause – ’n Tweeling van Otjomuise het ná hul sinkhuis verlede Woensdag afgebrand het letterlik net die klere oor wat hulle aanhet.
Mee. Friena en Frieda Kaseinina het al hul besittings in die brand verloor.
Die susters deel die drieslaapkamersinkhuis met hul niggie, me. Menunae Marenga.
Altesaam nege mense, waarvan vyf kinders is, is deur die brand geraak.
Hul buurman, mnr. Esegiel Gaweb, het gras in ’n hoek van sy erf bymekaargemaak en aan die brand gesteek, wat die brand glo veroorsaak het.
“Ek weet nie hoekom dit die sinkhuis dié dag aan die brand gesteek het nie. Ek brand my gras al jare in die hoek van die erf,” het hy gesê.
Volgens Gaweb het hy die brand omstreeks 11:30 gewaar. Hy het na sy bure gehardloop, maar die erf was gesluit omdat die huisbewoners by die werk en skool was.
“Ek het die hek gebreek en met die hulp van bure die voertuig uitgestoot wat in die erf gestaan het. Ons het toe probeer om die brand met emmers te blus, maar dit wat tevergeefs,” het hy gesê.
Friena sê: “Wat ons oorhet, is die klere waarmee ons uit die huis is die oggend, en die kinders se skoolsakke en -boeke. Ons het al ons ander klere, meubels, beddens en matrasse, yskaste, kombuistoerusting en kos verloor.”
Die nege mense bly tans by bure en familielede tot hulle weer sinkplate en houtpale, waarmee hulle ’n woonplek kan bou, kan bekostig of tot dit aan hulle geskenk word.
“Die brand se hitte het die sinkplate vervorm en ons kan dit nie weer gebruik nie. Dit houtpale is vernietig en ons benodig die hulp van barmhartige samaritane om weer te kan bou en met ons lewens aan te gaan. Enigiets is welkom,” het Friena gesê.
Gaweb sê hy is ’n pensioenaris en kan sy bure nie finansieel bystaan nie.
“Ek is ’n bouer, so as iemand vir hulle met sement, sand en bakstene kan help, sal ek vir hulle kamers bou,” het hy gesê.
Volgens ’n verslag van die brandweer het drie slaapkamers en ’n kombuis tot op die grond gebrand.
Lesers wat skenkings wil maak, kan mnr. Rudolph Kahuure by 081 626 7182 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie