Net in SA! Bande wat taxi’s kan oorleef
William Horne – Daar is spesialisbande vir renjaers, viertrekvoertuie en swaar reën, en nou ook vir nog ’n veeleisende gebruikstoepassing: Suid-Afrikaanse minibustaxi’s.
Bridgestone het Maandag amptelik gespesialiseerde nuwe bande bekend gestel wat spesiaal vir die gewilde Ses’fikile Toyota Quantum-minibustaxi’s ontwerp is.
Bridgestone het met SA Taxi, ’n finansier van taxi-entrepreneurs wat nie by banke finansiering kan bekom nie, ’n vennootskap begin om sy nuwe bande beskikbaar te stel.
Volgens SA Taxi is daar meer as 250 000 minibustaxi’s op Suid-Afrika se paaie wat elk gemiddeld 6 500 km per maand aflê.
Die Bridgestone R15 sal dié enorme afstande, en ander eise uniek tot dié voertuie, kan weerstaan teen ’n fraksie van die prys, sê Bridgestone in ’n verklaring.
Hy verduidelik dis in die land se belang dat Suid-Afrika se taxi’s beter toegerus word, aangesien 20% van alle padongelukke gebeur weens bande wat meegee.
Taxibestuurders wat deel is van SA Taxi se lojaliteitsprogram sal nou R400-afslag kry op elke nuwe R15-band wat hulle koop, asook ander belonings wat daarop gemik is om padveiligheid te bevorder.
Volgens SA Taxi se webwerf is 31 543 taxibestuurders by hom geregistreer.
“Die ooreenkoms tussen SA Taxi en Bridgestone sal ons verder in staat stel om ’n bedryf te stimuleer wat van kritieke belang is vir die lewensbloed van die land se ekonomie,” sê Maroba Maduma, kommunikasiehoof van SA Taxi.
Die plaaslike taxibedryf vervoer sowat 15 miljoen Suid-Afrikaners per dag, hoofsaaklik sodat dié mense by die werk kan kom, sê SA Taxi.
Jacques Fourie, uitvoerende hoof van Bridgestone Suid-Afrika, sê die nuwe produk se bydrae tot die ekonomie is ook nie net in terme van padveiligheid en afslag vir so ’n kerndeel van die land se vervoerstelsel nie.
“Gegewe dat dié bande ook plaaslik vervaardig gaan word, gaan ons broodnodige poste skep om die ekonomie te help met ’n beduidende hupstoot aan die vervaardigingsektor,” sê Fourie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie