Net 'n derde van droogtehulp realiseer

Die adjunkminister van landbou, water en bosbou het in die Nasionale­ Vergadering 'n oorsig oor droogtehulp en die invloed van die kommandowurmplaag op die mielieoes gegee.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Net 'n derde van die N$672,7 miljoen wat deur die ministerie van landbou, water en bosbou benodig is vir droogtehulp, is deur die regering beskikbaar gestel.

Volgens die adjunkminister van landbou, water en bosbou, me. Anna Shiweda, was daar slegs N$153,9 miljoen om sewe geteikende droogteverligtingmaatreëls in te stel.

Sy het in die Nasionale Vergadering geantwoord op vrae van mnr. Asser Mbai van Nudo.

Volgens Shiweda is in oorleg met die direktoraat ramp- en risiko­bestuur besluit om die volle bedrag vir die aankoop en verspreiding van voedselhulp vir menslike gebruik aan te wend. Die ander ses maatreëls, waaroor sy geen besonderhede verstrek het nie, is nooit geïmplementeer nie.

Sy wys daarop dat die ministerie steeds die situasie monitor in Erongo, Kunene en ander streke waar die droogte voortduur. Aan die einde van die reënseisoen sal 'n ontleding gedoen word om vas te stel in watter gebiede behoeftes steeds bestaan.

Benewens die regering se bydrae tot droogtehulp staan die Verenigde Nasies (VN) se organisasie vir voedsel en landbou (FAO) 500 droogtegeteisterde boere in Kunene, 900 in Erongo en 200 in Omusati by. Hierdie bystand is in die vorm van multivitamieneblokke en lusernbale. Die koste van hierdie bystand beloop US$500 000 (ongeveer N$6,5 miljoen).

Oor die impak van die kommandowurmplaag sê Shiweda 720 hektaar mielies is in die Omusati- en Kavango-­Wesstreek verwoes. Hiervan was 220 hektaar by Etunda, 470 by die Musese Groenskema en 30 by Olushandja. n Totaal van 1 260 hektaar mielies by Sikondo, Vunguvungu, Ndonga Linena, Shadikongoro en die Shitemo Groenskema is ook verwoes.

In die mieliedriehoek is altesaam 6 500 hektaar mielies geraak.

Die totale verlies as gevolg van die uitbreking sal eers ná die finale oes bepaal kan word.

Die ministerie het ondersoek gedoen na die omvang van die uitbreking, chemikalieë versprei en spuitspanne in die geraakte streke ontplooi.

Volgens Shiweda het die wurm-­infektering die afgelope maand betekenisvol afgeneem en geen nuwe berigte van uitbrekings is ontvang nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!