Netflix: u2018Eintlik mag net jou huismaats saam kyku2019
Netflix: u2018Eintlik mag net jou huismaats saam kyku2019

Netflix: ‘Eintlik mag net jou huismaats saam kyk’

Netflix wil ’n stokkie daarvoor steek dat sy gebruikers hul rekeninge en wagwoorde deel met ander wat nie in hul huishoudings is nie.

Dit blyk dat sommige gebruikers die afgelope week ’n boodskap op hul skerms kry wanneer hulle Netflix oopmaak. Dit lui: “As jy nie by die eienaar van die rekening woon nie, moet jy jou eie rekening kry om aan te hou kyk.”

’n Netflix-woordvoerder het aan die BBC gesê dit is ’n toets wat ontwerp is om te verseker dat net gemagtigde mense Netflix-rekeninge gebruik.

Die boodskap kom nog nie by almal oor die wêreld heen op nie. Die maatskappy besluit nog of hy dit oor sy hele netwerk gaan versprei.

Kykers betaal vir Netflix na gelang van die aantal toestelle wat gelyktydig gebruik mag word. In Suid-Afrika wissel dit van R99 per maand vir een toestel en R139 vir twee toestelle, en tot R169 vir vier toestelle.

Mededingers soos DStv Now laat ook vier toestelle gelyktydig toe. Jy mag vyf toestelle aan ’n Showmax-rekening koppel en mag dit gereeld verander, maar net twee toestelle mag gelyktydig stroom.

In die Netflix-proeflopie moet gebruikers verifieer dat hulle toegang tot die rekening mag kry deur middel van ’n kode wat per SMS of e-pos gestuur word na die foon waaraan die rekening behoort. Dit is nie heeltemal seker hoe dit “roofkykers” gaan afweer wat die rekeninghouer bloot kan kontak om die kode te bekom nie.

Die fynskrif van die meeste stromingsdienste bepaal dat een rekening per huishouding toegelaat word, maar in die era van mobiele toestelle is dit ’n baie moeilike voorwaarde om af te dwing.

Netflix het in 2020 byna 37 miljoen nuwe intekenare gekry en het nou meer as 200 miljoen intekenare oor die wêreld heen.

Netflix se inkomste was in 2020 sowat US$25 miljard en sy wins het bykans US$2,8 miljard beloop.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!