Neuaka: Nog geen aansoek om borgtog
Die staat het aangedui hy sal borgtog teenstaan omdat die beskuldigde met die ondersoek kan inmeng of kan vlug.
Maria Eiseb - Mnr. Johannes Neuaka, wat van die moord op sy gewese vriendin aangekla word, het vanoggend in die landdroshof op Katutura gesê hy verstaan die erns van die misdaad en hy wil nie nou aansoek om borgtog doen nie.
Neuaka word daarvan beskuldig dat hy me. Zya Juliet Shane Rittmann (“Koekie”) in Januarie in die hoofstad met 'n 9 mm Makarov-pistool in Katutura doodgeskiet het.
Tydens sy hofverskyning het die staatsaanklaer, me. Muriel van Zyl, gesê die polisieondersoek is nog nie voltooi nie, omdat ballistiese en laboratoriumverslae nog uitstaande is.
Van Zyl het bygevoeg die misdaad is ernstig en vereis “die tipe ondersoek wat nie binne 'n maand voltooi kan word nie”.
Van die getuies woon nie in Windhoek nie en die polisie moet ver reis om verklarings te bekom, het sy gesê.
Van Zyl het aangedui die staat sal 'n aansoek om borgtog teenstaan omdat die verdagte met die ondersoek kan inmeng of vlug.
Sy sê die staat sal aandring op voortgesette aanhouding weens die ernstige aard van die misdaad en omdat borgtog nie in die belang van geregtigheid sal wees nie.
Me. Ileni Gebhardt, wat Neuaka verteenwoordig, het tydens die verhoor gesê die staat se reaksie sal by die volgende hofverskyning bepaal of Neuaka aansoek om brogtog sal doen of nie.
Neuaka sal by die Katutura-polisiekantoor aangehou word, het regter Bernedine Kubersky beveel.
Die verhoor sal op 18 Mei voortgesit word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie