Neudamm-moordenaar: 32 jaar agter tralies
Neudamm-moordenaar: 32 jaar agter tralies

Neudamm-moordenaar: 32 jaar agter tralies

Die howe wil 'n duidelike boodskap uitstuur dat die gemeenskap nie langer geweld teen vroue sal duld nie.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Die kêrel van 'n jong vrou wat nege jaar gelede in haar ouerhuis vermoor is, is gister gevonnis.

Regter Dinnah Usiku het tydens die vonnisoplegging van Eben Cloete (27), wat verlede jaar skuldig bevind is aan die moord op sy meisie, me. Anna Nadia Coetzee (27), gesê die howe gaan 'n duidelike boodskap uitstuur dat die gemeenskap nie langer geweld teen vroue sal duld nie.

Cloete is tot 32 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op Coetzee op 13 Augustus 2009.

Hy het tereggestaan op klagte van huisbraak met die doel om moord te pleeg, en moord saamgelees met die bepalinge van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld.

Coetzee is op 13 Augustus 2009 in haar slaapkamer gevind waar sy in 'n plas bloed gelê het.

Haar 11 maande oue baba, waarvan Cloete die vader was, het deur Coetzee se bloed gekruip nadat sy vermoor is.

Usiku het tydens haar uitspraak gesê Cloete het op die noodlottige dag die oorledene se kamerdeur oopgeskop, haar agt keer met 'n mes of skerp voorwerp in die borskas gesteek en van die toneel gevlug.

Cloete het gedurende die verhoor beweer hy was nie op die toneel toe Coetzee vermoor is nie. Hy het gesê hy was die oggend van die voorval by haar ouers se huis op die Neudamm-proefplaas, maar dat hy die plaas verlaat het om vir werk te soek toe hy later daardie dag in hegtenis geneem is.



'onmenslik'

Usiku het hierdie getuienis verwerp.

Die regter het verder gesê die feit dat die oorledene agt keer met 'n mes gesteek is, is 'n duidelike aanduiding van die be­skuldigde se wrede en onmens­like behandeling van iemand met wie hy in 'n romantiese verhouding betrokke was waaruit 'n kind gebore is.

“Die oorledene is alleen gelaat en het gesterf terwyl die beskuldigde weggestap en gespog het oor wat hy gedoen het. Hy het mense wat hy ­teëgekom het, uitgenooi om te gaan kyk wat hy gedoen het,” het regter Usiku in haar uitspraak gesê.

Die regter het ook genoem Cloete het geen berou oor sy misdaad getoon nie en dat hy gedurende die verhoor daarop aangedring het hy is skuldig bevind aan 'n misdaad wat hy nooit gepleeg het nie.

Staatsadvokaat Kumalo het vir die staat opgetree terwyl Cloete deur mnr. Milton Engelbrecht verteenwoordig is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!