NFA-beker gee spelers moed
NFA-beker gee spelers moed

NFA-beker gee spelers moed

Sokker
Jesse Kauraisa
Jesse Kauraisa – Sokkerspelers se honger vir aksie ná die oënskynlik ewigdurende stilstand word oor die volgende drie maande gestil met die hervatting van die landwye MTC NFA-beker uitklopreeks.

“Deur hierdie kompetisie betrek ons meer as 220 spanne, wat neerkom op meer as 4 000 spelers. Dis waaroor MTC gaan,” het MTC Namibia se skakelhoof mnr. Tim Ekandjo by gister se bekendstelling gesê.

“Ons gee spelers die geleentheid om te speel en om hul sokkerdrome weer te laat herleef. Ons is verby die stadium waar ons 'n handelsmerk wil verkoop; ons is hier vir die spelers.”

MTC het verlede jaar 'n borgskap vir N$4.5 miljoen, versprei oor drie jaar, vir die NFA-bekerreeks aangekondig.

Vir sokkerspelers wat vanweë die maandelange onderbrekings van hul brood en botter ontneem is, eers weens administratiewe tweespalt en daarna die coronaviruspandemie, was gister se bekendstelling welkome nuus.

'n Aanloklike N$500 000 wag op die land se uitklopkampioen, terwyl die verslane finalis N$250 000 ryker sal word.

Die bronswenner en span nommer vier sal onderskeidelik N$150 000 en N$100 000 verdien.

Spanne uit die eerste en tweede ligas sal ook in die voorrondtes meeding.

Die datums vir hierdie voorrondtes is 17 en 18 April asook 24 en 25 April, het die Namibia Premier Football League (NPFL) se direkteur Mabos Vries gesê.

Prysgeld is ook vir die voorrondtes op die spel, met die wenner (N$20 000), naaswenner (N10 000) en verslane semifinaliste in elke streek (N$5 000) wat beloon word.

“Die twee spanne wat bo eindig uit die eersteliga-strome sal tot die rondte van 32 vorder, terwyl net een wenspan uit die stroom van tweedeligaklubs vir die rondte van 32 sal kwalifiseer,” het Vries gesê.

Dit beteken 14 tweedeliga- en ses eersteligaklubs sal in die rondte van 32 by die twaalf klubs met NPFL-status aansluit. Hierdie rondte is vir die naweek van 13 Mei geskeduleer, voordat die top-16 mekaar in Juniemaand ontmoet.

Die kwarteindstryde is op 3 Julie en die semifinale op die naweek van 17 en 18 Julie. Die finaal van die kompetisie is vir 31 Julie bestem.

Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) se president, Ranga Haikali, het die hoofborg MTC verseker dat die beheerliggaam hierdie kompetisie verantwoordbaar sal bestuur.

MTC het gesê bykomende borge sal toegelaat word om hul handelsmerk op die klubs se klerasie te bemark, met die MTC-kenteken voorop en agterop die speeltruie.

“Vir die eerste keer sal ons uitrusting gebruik wat plaaslik deur 'n Namibiese maatskappy vervaardig word,” het Ekandjo gesê.

[email protected]


FOTO
Mnr. Tim Ekandjo van MTC Namibia, die adjunkminister van sport me. Emma Kantema-Gaomas en die NFA-president Ranga Haikali vertoon die MTC NFA-bekertrofee. Foto Jesse Jackson Kauraisa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!