NFA-beker se laaste 16 lyk so
Sokker
Die oorblywende 16 sokkerspanne in die MTC NFA-beker is voltallig nadat vier spanne in die nasionale uitklopreeks gister oorwinnings op Tsumeb en Grootfontein behaal het.
Ohangwena NamPol, New Poison, Khuse FC en Western Spurs het gister hul wedstryde gewen om tot die volgende ronde te vorder.
Ohangwena Nampol was wenners met 3-2 teen Swakopmund-sokkerklub (SFC), terwyl Khuse oortuigend met 3-0 teen Oshikuku Young Star aan die wenkant was in die twee wedstryde in die Oscar Norich-stadion in Tsumeb.
In die Omulunga-stadion op Grootfontein het treffers deur George Mbambangundu, Diyando Murudi en twee deur Manfred Kuyonana vir New Poison FC gehelp om Young Brave met 4-1 uit te skakel, ondanks Josef Shikongo se enkele doel vir die verloorspan.
Western Spurs en Kangweru met met een-elk gelykop gespeel, voordat eersgenoemde die strafdoelstryd met 4-3 beklink het. Kativa Ngongo het Kangweru ná 33 minute laat voorloop, maar Lugano Fischer het in die tweede helfte met 'n gelykmaker vir Spurs vorendag gekom.
Die organiseerders weet nou wie die oorblywende spanne is om die loting vir die ronde van 16 te kan doen, wat op 19 en 20 Junie gespeel word op venues wat nog vasgestel moet word.
Die kwarteindstryde is op die naweek van 3-4 Julie, terwyl die laaste vier spanne op 17-18 Julie sake uitspook vir die voorreg om in die finaal op 31 Julie betrokke te wees.
Danksy MTC se borgskap verlede jaar van N$4.5 miljoen oor drie jaar, sal die kampioenspan met N$500 000 wegstap, teenoor die naaswenner se N$250 000. Die spanne in die derde en vierde posisies beklink onderskeidelik N$150 000 en N$100 000.
Die 16 spanne wat nog 'n aanspraak het, is Mighty Gunners, Civics, Blue Waters, Black Africa, Nossob FC, Citizens, Tura Magic, Young African, Young Brazilians, Super 11 FC , Tigers, Ohangwena NamPol, New Poison, Khuse FC, DTS Hopsol en Western Spurs.
• Lees ook berig in Sport Wrap.
– NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie