Nóg invloei vir damme
Elvira Hattingh
Die drie damme wat sentrale Namibië van water voorsien, het gister steeds 'n invloei van water gehad.
Sedert Maandag het die Swakoppoortdam van 31,7% tot 33,7% gestyg en water het die dam steeds teen 'n tempo van 15 m³ water per sekonde binnegestroom. Die Omatakodam het sedert Maandag met 2% gelig en gister om 08:00 op 61,9% te staan gekom. Sowat 6 m³ water het die dam toe nog elke sekonde binnegevloei.
Die Von Bachdam het van 54,5% tot 55,6% gestyg en gisteroggend steeds 'n invloei van 6 m³ water per sekonde gehad. Die Hardapdam het ook 'n invloei van 19 m³ water per sekonde gehad en was weer op 72,6%, terwyl die Omdeldam van 4,2% tot 4,3% gelig het. Die Nautedam het ook met 0,1% gestyg en op 101,1% te staan gekom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie