• Tuisblad
  • Sake
  • Nóg ’n mediafirma skik oor prysvasstelling
Nu00f3g u2019n mediafirma skik oor prysvasstelling
Nu00f3g u2019n mediafirma skik oor prysvasstelling

Nóg ’n mediafirma skik oor prysvasstelling

Nóg ’n mediamaatskappy het erken dat hy skuldig is aan prysvasstelling en die vasstelling van handelsvoorwaardes.
Provantage Media Group, wat onder meer in buitelugreklame spesialiseer, het ingestem om R4,2 miljoen op te dok as deel van ’n skikkingsooreenkoms wat met die Mededingingskommissie bereik is.

Dié bedrag sluit ’n administratiewe boete van R1,09 miljoen in.

Die maatskappy sal ook 25% se bykomende advertensieruimte verskaf of afslag van 25% gee vir elke rand se advertensieruimte wat deur klein advertensieagentskappe by hom gekoop word.

Die kommissie het 30 mediamaatskappye na die Mededingingstribunaal vir vervolging verwys.

Die klagte teen hulle sluit prysvasstelling en die vasstelling van handelsvoorwaardes in.

Caxton, Independent Newspapers, DStv en Media24 het reeds skuld op die klagte beken.

Die ondersoek het in 2011 begin en daar is bevind dat mediamaatskappye wat Media Credit Coordinators (MCC) se dienste gebruik, aan advertensiemaatskappye dieselfde afslag en betalingsvoorwaardes gebied het. Dit het in die praktyk beteken dat kleiner advertensiemaatskappye uit die mark gedruk is. MCC-geakkrediteerde agentskappe het 16,5%-afslag gekry, terwyl die agentskappe wat nié lede is nie net 15%-afslag gekry het.

Die kommissie het ook bevind dat die maatskappye wat aangekla is, Corexalance (Corex), ’n tussenganger, gebruik het om risiko-ontledings oor advertensieagentskappe te doen sodat ’n struktuur vir die finale afslag en voorwaardes opgedwing kon word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!