Nóg vis, nóg vlees
Baie mense het legendariese verhale oor hul visvanguitstappies.
Stories oor hoe hulle, met nie veel meer as een van hul skoenveters en ’n bottel Old Brown, ses snoeke, twee Angels en ’n haai uit die see getrek het.
Dan is daar die manne wat sweer ’n stukkie biltong wat in brandewyn gemarineer is, werk beter as enige aas wat jy in die winkels kan kry.
Ek het ongelukkig nie ’n soortgelyke storie nie. My visvangverhaal wat uitstaan, is die keer toe ek en my goeie pel Churman as kinders by die dammetjie in Pionierspark Uitbreiding 1 ons geluk probreer het.
Vir twee mannetjies met ’n kort stukkie vislyn en ’n blikkie mielies was ons nogal baie positief dat ons al twee daai aand met ietsie om mee te spog by die huis sal opdaag. Dit was ongelukkig nie die geval nie.
Ná so ’n paar ure se braai in die son en so drie duikslae om ons katrol uit die water te red, met ál ons klere aan, het ons besluit om maar op te pak.
Ons frustrasie het vinnig vererger toe twee mans, wat duidelik ’n groot lus vir vis gehad het daai dag, ons bespring het en uit frustrasie oor ons leë nette sommer op ons skoene, katrol, halwe blik mielies en my Johnny Bravo-trunkie beslag gelê het.
Op die lang pad huis toe, kaalvoet oor die klippe en katrolloos, het die onvoorspelbaarheid van visvang ’n baie groot indruk op my gemaak.
Laas week het die derduisende mense wat vir viskwotas aansoek gedoen het, waarskynlik iets baie naby aan dié gevoel ervaar.
Ja, almal verstaan die ministerie het nog tyd nodig om ordentlik deur die oorweldigende getal aansoeke te gaan, maar terselfdertyd was dit duidelik dit was vir baie mense ’n groot slag om tot volgende jaar te wag vir nuus.
Nietemin, dink ek baie van diegene wat aansoek gedoen het, het die eerste ding van visvang vergeet.
“Jy kan nie met verwagtinge na die watergat toe gaan nie,” het my oom altyd gesê.
Dis hoekom ervare vissermanne met soveel vreugde huis toe gaan, al het hulle net ’n galjoentjie vir die dag gevang.
Die probleem is party mense het die kwotas as die antwoord op hul probleme gesien – onbewus daarvan dat ’n vis ’n glibberige ding is, veral wanneer jy dink jy hét hom.
So, terwyl dit nie die beste uitkoms vir die hordes mense is wat aansoek gedoen het nie, is daar nie veel wat aan die saak gedoen kan word nie – behalwe om te wag, te bid en duim vas te hou.
En moet nie nou weer van die kerk af wegbly tot drie weke voor die aankondiging nie, asseblief.
So, hoewel die visse nie nou byt nie, hou moed en beskou jou blik mielies as halfvol, in plaas van halfleeg, want al loop jy nou kaalvoet, sonder ’n katrol, sal die dam hopelik nie altyd so dol wees nie, en wanneer jy uiteindelik iets uit die water trek, sal dit hopelik nie ’n klomp plastiek wees nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie