Nóg vlugtelinge na Europa voorgekeer
Libië het die hoofvertrekpunt van migrante uit Afrika en die Midde-Ooste geword wat Europa probeer bereik.
Meer as 400 vlugtelinge, onder andere baie vroue en kinders, is deur die Libiese kuswag voorgekeer nadat hulle probeer het om Europa te bereik.
Dié aankondiging Saterdag volg nadat leiers van die Europese Unie (EU) die vorige dag ingestem het tot 'n omstrede plan om die toestroom van migrante uit Noord-Afrikalande te verminder.
Ayoub Qassem, woordvoerder van die kuswag, sê 431 mense is tussen Donderdag en Saterdag op vier opblaasbote by die kusdorp Sabratha 70 km van die hoofstad, Tripoli, aangekeer.
“Die onwettige migrante kom van verskeie lande suid van die Sahara en sluit 'n groot aantal vroue en kinders in,” sê Qassem.
“Mensehandelaars het probeer om inhegtenisneming te keer deur skote op kuswagters af te vuur, maar kuswagters het teruggeskiet wat hulle gedwing het om te vlug.”
Volgens Qassem is 700 migrante op drie houtbote in dieselfde gebied op 27 Januarie aangekeer.
Onder hulle was vlugtelinge van Sirië, Tunisië, Libië en Palestynse gebiede.
Libië het die hoofvertrekpunt geword vir mense wat poog om die Middellandse See per boot na verskeie dele van Europa te probeer oorsteek.
Dit volg nadat die roete tussen Griekeland en Turkye in 2016 grootliks gesluit is.
Mensehandelaars wat in Libië gebaseer is, het strafloos handel gedryf en stuur migrante op bote wat soms breek en sink. Reddingsbote moet dan gebruik word om hulle te red.
Libië se kuswag stuur migrante vervolgens terug na aanhoudingsentrums, wat deur menseregteaktiviste as onmenslik beskryf word en kritiek van wydverspreide mishandeling ontlok.
Op hul vergadering in Malta verlede week, het EU-leiers ooreengekom op 'n strategie om die aantal migrante te verminder wat in die komende maande van Libië af vertrek.
As deel van sy plan gaan die EU-leiers die Libiese regering finansier om sy greep te versterk op migrantebote wat sy waters oorsteek, en “die besigheidsmodel” van mensehandelaars te vernietig wat 181 000 migrante gehelp het om Europa te bereik.
Die aankondiging het egter teenkanting van menseregtegroepe ontvang wat sê sulke planne stel die migrante aan verdere risiko's en mishandeling bloot.
Volgens die EU is 'n geskatte 230 mense wat op pad na Europa was, sedert die begin van 2017 dood.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie