Nghipunya: Ek moes Fishcor red
Nghipunya: Ek moes Fishcor red

Nghipunya: Ek moes Fishcor red

‘n Nuwe borgtogaansoek deur ses beskuldigdes in die Fishrot-saak duur vandag voort met verdere getuienis deur die aansoekers op die spyskaart.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, sê hy was nie ‘n “klein seuntjie” wat met ‘n kruiwa by die staatsonderneming ingekarwei is om miljoene Namibiese dollar op ‘n onderduimse wyse rond te skuif nie.

Volgens hom moes hy Fishcor red toe die maatskappy op die rand van ineenstorting gehuiwer het.

Nghipunya bring ‘n hernude aansoek om borgtog in die sensasionele Fishrot-saak, waarin beweer word dat groot bedrae smeergeld gevloei het vanaf die Yslandiese onderneming Samherji.

Hy het aan die hof gestel dat dit nie maklik is om sy hande op geld te lê nie, maar beloof om op elke moontlike wyse N$200 000 vir borgtog bymekaar te kry. Nghipunya het onderneem om soos die hof voorskryf by Otjomuise se polisiestasie aan te meld.

Hy het gekla dat die beskuldigdes in die saak sukkel om behoorlik met hul prokureurs te konsulteer. Regslui mag glo nie tablette na die gevangenis bring nie en moet tot 90 lêers saamdra waarin hofstukke gebundel is.

“Mense het hierdie ding dat jy betrokke is by ‘n multimiljoendollar-skandaal, maar aantygings beteken nie daar is geld nie,” het Nghipunya getuig. “Dit is regtig ‘n omslagtige proses. Regsverteenwoordiging is nie goedkoop nie,” het die voormalige Fishcor-baas aangevoer.

Nghipunya se mede-aansoekers is mnre. Sacky Shanghala, voormalige prokureur-generaal en minister van justisie, James Hatuikulipi, uitvoerende hoof van Investec, Puis Mwatelulo, Otneel Shuudifonya and Phillipus Mwapopi.

Hatuikulipi, Shanghala and Mwatelulo sal nie getuig nie en sal op die gewig van hul eedsverklarings staatmaak.

Nghipunya het aan die hof verduidelik hoe viskwotas benut word wat bestem is om regeringsdoelwitte soos werkskepping en voedselvoorsiening te bereik. Die beskuldigdes voer aan die kwotas is nie misbruik nie.

Soos Shanghala in sy eedsverklaring aanvoer, het Nghipunya gister getuig dat hy nie op vlug sal slaan of met staatsgetuies inmeng nie. Volgens hom het hy geen begeerte om Namibië te verlaat nie.

Volgens Nghipunya het hy weke voor sy inhegtenisneming al geweet die polisie is op soek na hom. Hy het gesê hy het daarom reëlings probeer tref om in teenwoordigheid van sy regslui by die polisie aan te meld.

Nghipunya het gesê hy is bly die saak dien in die hof omdat hy sy onskuld sal bewys. “Terwyl mense sê dit is ‘n misdaad (wat ons gepleeg het), is dit nie eintlik ‘n oortreding nie,” het hy getuig.

“Ek kan aan die hof bewys dat hierdie alles ‘n vendetta is. Ek wil rêrig my naam in ere herstel en wys dat dit ‘n misverstand is,” het Nghipunya gesê.

Hy het voorgestel dat die hof ook reëls kan neerlê hoe hy met sy broer, ‘n getuie in die saak, moet omgaan terwyl hy op borgtog is.

Die saak hervat vandag.

Regter Shafimana Ueitele is op die bank.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!