Nida-raad reageer gou op korrupsie-aantygings
Werknemers beskuldig Nida se raad van onderduimse aktiwiteite.
Elvira Hattingh – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) se direkteure sal na verwagting Donderdag 'n nuuskonferensie hou om te reageer op briewe waarin werknemers talle bewerings van korrupsie en wanbestuur maak.
Van die klagtes sluit in dat die beweerde onwettig-aangestelde uitvoerende direkteur, mnr. Uparua Kuvare, en die raad reeds meer as N$2,6 miljoen aan uitgesoekte prokureurs betaal het om Nida by interne dissiplinêre verhore te verteenwoordig.
Die werknemers beweer hulle kan al hul aantygings bewys. Hulle beweer ook dat 'n heksejag uitgevoer word op enige werknemers wat die raad teenstaan of vrae oor beweerde korrupte praktyke vra.
Werknemers beweer in die jongste geval is werkers van die Kavango-beesboerdery geskors nadat hulle glo vleis en melk ter waarde van minder as N$15 000 gesteel het. Toe het Kuvare glo prokureurs N$417 401 betaal om dié geding te hanteer, terwyl interne menslike hulpbronnebestuur gekasty is en nie aan die prosedure kon deelneem nie.
Die briewe deur die werknemers, wat glo reeds in Maart aan pres. Hage Geingob en toe op 22 Julie ook aan die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, gestuur is, het tot gevolg gehad dat die regering nou 'n ondersoek van stapel gestuur het.
Nog aantygings in die briewe is dat Kuvare hom nie aan wetlik vereiste verkrygingsprosedures steur nie en dus die staatsbeheerde onderneming se geld wanbestuur.
Die werknemers noem as voorbeeld dat Kuvare glo 'n maatskappy genaamd Southern Cross Marketing & Management met die hand uitgesoek het om stuifmeel aan 'n besproeiingsprojek te verskaf. Hiervoor is meer as N$1,7 miljoen betaal, ten spyte daarvan dat die maatskappy Nida glo reeds N$2,5 miljoen geskuld het.
Verder word bewerings gemaak dat soveel as 700 beeste reeds by die Kavango-beesboerdery verdwyn het sedert Kuvare aan stuur van sake is, terwyl hy glo ook sowat 'n jaar gelede Nida se bestuurder van eiendomme, mnr. Sarel Losper, sonder enige formele óf informele klagte afgedank het.
Die werknemers sê ook is die pos vir Nida se uitvoerende hoof onlangs vir die derde keer geadverteer en moet aansoekers hul aansoeke persoonlik by mnr. Frans Kwala, Nida se raadsvoorsitter afgee – glo in 'n poging om weer eens die onderneming se menslike hulpbronnebestuur uit die aanstellingsproses te hou.
Die werknemers beweer die rede hiervoor is sodat Kuvare self om die posisie kan aansoek doen en die raad se beweerde korrupte belange in die staatsonderneming kan beskerm.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie