Nie genoeg insekdoder vir wurmplaag
Nie genoeg insekdoder vir wurmplaag

Nie genoeg insekdoder vir wurmplaag

Eers wat dit die droogte. Nou bedreig die kruipende plaag van herfskommandowurms mielieoeste.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die ministerie van landbou, water en bosbou het nie genoeg insekdoder in voorraad om die uitbreking van die herfskommandowurm-plaag te bestry nie.

Verder kan dié wurms binne ’n week ’n hele mielieland verwoes en is dit moeilik om uit te roei, aangesien dit weerstandig is teen die chemiese middels wat dit moet bestry.

Minister John Mutorwa het gister in die Nasionale Vergadering gesê indien die wurms eers die mieliekoppe verwoes het, sal daar vanjaar geen oes wees nie.

Volgens hom hou die uitbreking ’n wesenlike bedreiging vir voedselsekuriteit in die land in.

Dié plaag het onlangs van landerye in die noordelike kommunale gebiede na kommersiële mielieplase in die omgewing van Grootfontein, Tsumeb en Otavi versprei.

Volgens Mutorwa het die ministerie tegniese spanne na die streke gestuur waar die wurms voorkom om die omvang van die skade wat reeds aangerig is, te bepaal.

Die ministerie is ook besig met die aankoop van doeltreffende chemiese middels en toerusting vir die toediening daarvan.

Die verskillende landbou-unies, die Namibiese Akkerbouraad, die Akkerbouprodusentevereniging en die verskaffers van insekdoders beraadslaag tans oor metodes om die plaag so vinnig en doeltreffend moontlik te bestry.

“Dit is nie nodig om paniekerig te raak nie,” het Mutorwa gesê.

Volgens hom is voorgestel dat groot gebiede op ’n slag gespuit word en maatreëls gevolg word om seker te maak die wurms ontwikkel nie weerstandigheid teen die chemiese middels nie.

Hy sê geld hiervoor is beperk, maar die ministerie werk aan ’n voorlegging om deur die kabinet vir meer geld te vra, selfs al is die uitbreking nog nie tot ’n nasionale noodtoestand verklaar nie.

Namibië se droëland-mielieprodusente het die afgelope drie jaar twee misoeste gehad en kon weens die goeie reën vanjaar na ’n goeie oes uitsien.

Meer as 350 mm het sedert Oktober tot einde Januarie in die sogenaamde Mieliedriehoek geval. Dit is 125% van die normale reënval vir dié periode.

Buiten die herfskommandowurm, stry produsente tans ook teen stronkboorders en bolwurms. Mutorwa sê laasgenoemde twee plae is egter nie so ’n groot bedreiging soos die herfkommandowurms nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!