Niemand haal peil vir Gold Coast 2018

Een van die opflikkeringe laas Saterdag was die Lüderitz-klub se naellopers wat hul stem dik gemaak het.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Namibiese baan- en veldatlete sal nie by April vanjaar se Statebondspele in Gold Coast, Australië teenwoordig wees nie. Net in die marathon vir mans en vroue is daar kwalifiseerders wat moontlik die landsvlag kan gaan hoog hou.

Dit is die uiteinde van afgelope Saterdag se laaste kwalifiserende geleentheid op plaaslike bodem voor die verstryking van die sperdatum, toe die Khomas-streekkampioenskap in die Onafhank­likheidstadion aangebied is. Die geleentheid is deur Khomas Medical Services geborg.

“Dis nog vroeg in die seisoen, maar die topatlete was bewus dat hulle vroeg al skerp moes wees as hulle vir die Statebondspele wou kwalifiseer,” sê die plaaslike organiseerder, me. Leoni van Rensburg.

Die byeenkoms was oopgestel vir atlete van ander streke – met veral die naellopers van die verre suideklub, Future Energy Lüderitz, wat die kans aangegryp het om die aandag op hulle te vestig.

Die twee Lüderitz-manne Thasiso Aochamub (24) en die 21-jarige Thomas Ndunge het beide hakskene gewys vir Ernst Narib – die nasionale kampioen van 2017 wat onlangs die kans gehad het om in Suid-Afrika te gaan oefen.

Narib sal gewis teleurgesteld wees met sy onlangse vertonings in wedlope teen atlete wat selde dieselfde geleenthede vir deurlopende topklas afrigting kry.

Die vorige naweek op Swakopmund is hy ook geklop.

Die 17-jarige Le-Kecha van Wyk was die ander jong uitblinker van Lüderitz in die 100 vir vroue, toe sy maar net 'n tree of wat agter die nasionale rekordhouer Globine Mayova klaargemaak het.

“Dit wys jou daar is wel talent wat deurkom, maar daar is ander hindernisse, insluitend die gebrek aan byeenkomste en die feit dat die Onafhanklikheidstadion se baan nie in 'n goeie toestand is nie.

“Afgesien van die senior nasionale kampioenskap (21-22 April) sal Atletiek Namibië vir die res van die seisoen geen verdere byeenkomste op die baan aanbied nie,” sê Van Rensburg.

Die Coca-Cola klubuitdaging se twee oorblywende byeenkomste sal op Oshakati (17 Februarie) en Otjiwarongo 'n week later aangebied word, na afloop van die eerste een wat op Swakopmund twee naweke gelede was.

Laas Saterdag se voorste uitslae:

Vroue 100 meter: 1 Globine Mayova (Nampol) 12.95. 2 Le-Kecha van Wyk (Future Energy Lüderitz) 13.07. 3 Mia Brand (Windhoek Gimnasium) 13.40.

Vroue 200 meter: 1 Mberihonga Kandovazu (Korrektiewe Dienste) 25.39. 2 Nandi Vass (Golden Cheetahs) 26.31. 3 Le-Kecha van Wyk (Future Energy Lüderitz) 27.33.

Vroue 400 meter: 1 Danja Meyer (Windhoek Gimnasium) 1:03.90. 2 Nandi Vass (Golden Cheetahs) 1:04.38. 3 Liezl Horn (Windhoek Gimnasium) 1:04.76.

Vroue 800 meter: 1 Cindy Xu (Windhoek Hochland) 2:39.78. 2 Silba Tjingaete (NDF) 2:50.35. 3 Janie Venter (Windhoek Gimnasium) 2:57.68.

Vroue 1500 meter: 1 Juane Oberholster (Windhoek Hochland) 6:46.71.

Vroue 100 meter hekkies: 1 Corlia Kruger (Triomf) 17.4s. 2 Chantelle van den Berg (Windhoek Hochland) 19.9s.

Vroue 400 meter hekkies: 1 Anika van Niekerk (Windhoek Gimnasium) 1:12.90. 2 Tylo Blaauw (Windhoek Gimnasium) 1:14.80. 3 Chantelle Louw (Windhoek Hochland) 1:15.36.

Vroue hoogspring: 1 Natalie Louw (Triomf) 1.60m. 2 Cay-Lee Cloete (Windhoek Gimnasium) 1.50m. 3 Meriam Minin (Unam) 1.45m. 3 Demi Louw (Windhoek Gimnasium) 1.45m.

Vroue verspring: 1 Chantelle du Toit (Triomf) 5.36m. 2 Globine Mayova (Nampol) 4.84m. 3 Daniela Brunido (Golden Cheetahs) 4.50m.

Vroue gewigstoot: 1 Karlien Botha (Windhoek Hochland) 9.92m. 2 E Booysen (Windhoek Hochland) 9.50m. 3 Arina Gouws (Windhoek Gimnasium) 9.48m.

Vroue diskusgooi: 1 Karlien Botha (Windhoek Hochland) 34.22m. 2 E Booysen (Windhoek Hochland) 31.52m. 3 Hildred Mouton (Rehoboth) 22.12m.

Vroue hamergooi: 1 Karlien Botha (Windhoek Hochland) 26.83m. 2 Cindy Xu (Windhoek Hochland) 15.30m.

Vroue spiesgooi: 1 Arina Gouws (Windhoek Gimnasium) 29.98m. 2 Hildred Mouton Rehoboth 25.50m. 3 Meriam Minin (Unam) 22.73m.

Mans 100 meter: 1 Even Tjiviju (Korrektiewe Dienste) 10.65. 2 Sydney Kamuaruuma (Namib Lions) 10.86. 3 Ismael Tjiramba (Unam) 10.87. 4 Dwayne Ludwig (Windhoek Hochland) 11.04.

Mans 200 meter: 1 Ernst Narib (Nampol) 21.57. 2 Even Tjiviju (Korrektiewe Dienste) 21.58. 3 Sydney Kamuaruuma (Namib Lions) 21.66. 4 Thomas Ndunge (Future Energy Lüderitz) 21.92.

Mans 400 meter: 1 Thasiso Aochamub (Future Energy Lüderitz) 48.32. 2 Thomas Ndunge (Future Energy Lüderitz) 48.61. 3 Ernst Narib (Nampol) 48.73. 4 Francis Uatema (Swakop Striders) 49.35. 5 Johannes Nambala (Namib Lions) 49.79.

Mans 800 meter: 1 Daniel Nghipandulwa (Nampol) 2:01.74. 2 Titus Hengari (Unam) 2:02.29. 3 Arnoles Kapembe (Korrektiewe Dienste) 2:04.31.

Mans 1500 meter: 1 Oscar Komeya (NDF) 4:07.03. 2 Daniel Nghipandulwa (Nampol) 4:12.38. 3 Elia Uugwanga (Korrektiewe Dienste) 4:13.34.

Mans 5000 meter: 1 Thomas Rainhold (Korrektiewe Dienste) 15:41.86. 2 Oscar Komeya (NDF) 15:46.09. 3 Cornelius Nghilyeendele (Korrektiewe Dienste) 15:49.19.

Mans 110 meter hekkies: 1 Mell Theunissen (Windhoek Gimnasium) 15.13.

Mans 400 meter hekkies: 1 Warren Goreseb (Unam) 59.91. 2 Mbitjita Kaeka (Unam) 1:00.93. 3 Enock Kawiwi (Namib Lions) 1:07.16.

Mans hoogspring: 1 Armand Niemand (Windhoek Gimnasium) 1.75m. 2 Mbitjita Kaeka (Unam) 1.70m. 3 André Retief (Windhoek Hochland) 1.70m.

Mans verspring: 1 Chenoult Coetzee (Swakop Striders) 6.91m. 2 Gregg Makari (Unam) 6.84m. 3 Romario Nghifitikeko (Swakop Striders) 6.57m.

Mans driesprong: 1 Dennis Orlam Rehoboth 12.12m. 2 David Nghishoono (Nampol) 11.97m.

Mans gewigstoot: 1 Pieter Jan Swanepoel (Windhoek Hochland 13.75m. 1 Ryan Williams (Windhoek Hochland). 3 Felis Makumbi (Nampol) 11.46m.

Mans diskusgooi: 1 Ryan Williams (Windhoek Hochland) 44.70m. 2 Pieter Jan Swanepoel (Windhoek Hochland) 39.72m. 3 Arab Ludwig (Nampol) 38.30m.

Mans hamergooi: 1 Arab Ludwig (Nampol) 24.48m. 2 Felis Makumbi (Nampol) 21.24m. 3 Ryan Williams (Windhoek Hochland) 20.24m.

Mans spiesgooi: 1 Bernhardt Wessels (Windhoek Hochland) 53.81m. 2 Ludwig Huber (Windhoek Hochland) 51.35m. 3 David Ndeilenga (Korrektiewe Dienste) J38.65m.

Spantotaal, vroue: 1) Windhoek Hochland 141 punte; 2) Windhoek Gimnasium 105; 3) Triomf 35; 4) Golden Cheetahs 32; 5) Rehoboth 21; 6) Nampol 18; 7) Korrektiewe Dienste 15; 8) Future Energy Lüderitz 14; 9) NDF 8.

Spantotaal, mans: 1) Windhoek Hochland 83 punte; 2) Nampol 79; 3) Korrektiewe Dienste 64.50; 4) Future Energy Lüderitz 38; 5) Namib Lions 36; 6) Namibia Defence Force 26; 7) Windhoek Gimnasium 25; 8) Rehoboth 23; 9) Swakop Striders 21; 10) Triomf 12; 11) Golden Cheetahs 7.50.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!