Nog kaktusse se doppie geklink
Kaktusse is volgens me. Gunhild Voigts nie inheems aan Namibië nie, maar wel 'n plaag.
Tanja Bause - Inwoners van Pionierspark het me. Gunhild Voigts van Cactus Clean-Up onlangs oor die klein rondeblaarturksvy (opuntia engelmannii) in die omgewing genader.
Die organisasie het Saterdag vrywilligers en werkloses teen betaling ingespan om dié pes te verwyder.
Voigts voer al sedert 2016 ’n stryd teen indringerkaktusse in en om Windhoek.
“Mense moet in ag neem die kaktusse moet met hul wortels verwyder word, anders groei dit weer. Ook moet elke blaar opgetel en verwyder word, omdat dit net weer sal groei en versprei,” het Voigts gesê.
“Kaktusse is nie inheems aan Namibië nie, maar wel ’n plaag wat inheemse plantegroei beïnvloed omdat dit droogtetoestande kan oorleef en ná die eerste druppels reën vinnig groei en versprei. Om die plaag onder beheer te kry, moet die kaktusse vergiftig word of met die hand uitgekap word. Gif behoort nie die eerste opsie te wees nie, want die oorblyfsels beland in grondwater of in die Goreangabdam.”
Onlangs is twee soorte insekte op twee van die snelgroeiendste indringerkaktusse vrygelaat, wat sal help om hulle te bekamp en beheer.
“Dit is ’n reusestap in die regte rigting, want biologiese beheeragente sal sowat vyf jaar neem voor ons regtig ‘n verskil sien. Dit bekamp ook net twee van die 23 soorte kaktusse wat ons in en om Windhoek het. Dit is steeds nodig dat Cactus Clean-Up soveel moontlik van die pes verwyder,” het Voigts gesê.
Mense wat graag hul tyd wil gee en help om kaktusse uit te haal, of wat geld wil skenk sodat die werkers kan voortgaan, kan ’n e-pos aan Voigts by [email protected] stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie