Nog mediagroepe skik oor samespanning
Vida Booysen - Nog twee mediamaatskappye het 'n skikking met die Mededingingskommissie oor samespanning bereik.
“Mediamark en United Stations het erken dat hulle die Mededingingswet oortree het deur prysvasstelling en die vasstelling van handelstoestande,” sê die Mededingingskommissie Dinsdag in 'n verklaring.
Mediamark het ingestem om 'n boete van R1,013 miljoen te betaal terwyl United Stations R423 920 sal betaal.
Daar is nou reeds agt maatskappye wat met die kommissie geskik het. Die saak spruit uit 'n ondersoek wat in November 2011 begin is toe die Mededingingskommissie bevind het dat mediamaatskappye wat Media Credit Coordinators (MCC) se dienste gebruik, advertensiemaatskappye dieselfde afslag en betalingsvoorwaardes gebied het.
Dit het in die praktyk beteken dat kleiner advertensiemaatskappye uit die mark gedruk is.
MCC- geakkrediteerde agentskappe het 16,5%-afslag gekry, terwyl die agentskappe wat nié lede is nie, net 15%-afslag gekry het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie