Nog u2019n Brexit-struikelblok vir May
Nog u2019n Brexit-struikelblok vir May

Nog ’n Brexit-struikelblok vir May

Die Britse premier, Theresa May, se regering het Dinsdagaand ’n loesing gekry toe parlementslede nóg ’n struikelblok vir May se Brexit-planne geskep het.

LP’s wat daarteen gekant is dat Brittanje die Europese Unie sonder ’n ooreenkoms verlaat, het met 303 teen 296 geseëvier in ’n stemming oor 'n wysiging aan die finansieringswet wat die Britse tesourie se hande sal bind ingeval Brexit sonder 'n ooreenkoms gebeur.

Die nederlaag lig May se swak posisie as ’n leier van ’n verdeelde party, asook ’n minderheidsregering, uit. Dit is ook insiggewend in die lig daarvan dat Brittanje die EU teen 29 Maart verlaat. May se onvermoë om tot dusver goedkeuring vir haar ooreenkoms van die parlement te kry, laat sakeleiers en beleggers regop sit oor vrese dat die land op ’n skadelike Brexit sonder ’n ooreenkoms afstuur.

Sommige Brexit-ondersteuners sê Brexit sonder ’n ooreenkoms is die enigste manier om die EU werklik te verlaat.

Die Arbeidersparty se leier, Jeremy Gordon, sê Dinsdagaand se stemming is belangrik om toe te sien dat Brittanje die EU nie sonder ’n ooreenkoms verlaat nie. “Dit wys daar is geen meerderheid in die parlement, die kabinet of die land om die EU sonder ’n ooreenkoms te verlaat nie.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!