Nog 'n persoon sterf aan Covid-19

Henriette Lamprecht
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Esther Muinjangue sê 'n 45-jarige man het Maandag 13 Julie tuis aan Covid-19 gesterf. Volgens Muinjangue het die man chroniese medikasie gebruik. Sy liggaam is deur die polisie na 'n lykhuis geneem. Volgens familielede het hy die Vrydag (10 Julie) werk toe gegaan en nie enige klagtes gehad dat hy sleg voel nie. Op 12 Julie het hy 'n vriend gebel en van kopseer gekla. Toe hy Maandag nie by die werk opdaag of oproepe beantwoord nie, is die polisie ingelig.
'n Weefselmonster is Woensdag (15 Julie) geneem en die uitslag Saterdag het gewys dit was positief.

Volgens Muinjangue is 44 nuwe Covid-19-gevalle die afgelope 24 uur aangeteken. Hiervan is ses buitelanders op 'n vaartuig, een van Swakopmund en die res van Walvisbaai.

Uit die 44 gevalle is 33 mans en 11 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 61 jaar oud. Intussen het nog drie mense van die virus herstel en wel gevalle 130, 196 en 331 en is uit isolasiegeriewe ontslaan.

Die totale aantal bevestigde Covid-19-gevalle staan nou op 1 247 met 35 wat herstel het. Tot op hede is 17 694 weefselmonsters getoets en is 689 mense tans in kwarantyn in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!